Helette

/Helette

About Helette

This author has not yet filled in any details.
So far Helette has created 209 blog entries.

Moore Family

It was so wonderful to see this beautiful Canadian family again. I photographed them 4 years ago when they lived here for a year to study. This year they returned for a few months to add a gorgeous little girl to the family! It is so precious to see how unconditionally the boys love her and how protective they are. We spent a lovely evening on the beach together and a real privilege to photograph them again. Enjoy these love filled photos! >

October 31st, 2015|Family Shoots|0 Comments

Jouke Verjaar!

Hierdie skattige dogtertjie het onlangs haar eerste verjaarsdag met groot feestelikheid gevier! Dis duidelik dat sy binne 'n jaar met haar rustige, dierbare geaardheid sommer diep in almal se harte ingekruip het. Baie geluk Jouke, mag daar nog baie jare vol van voorspoed en geluk op jou wag!

October 31st, 2015|Events|0 Comments

Reünie by Vergelegen

Universiteit Vrystaat se mediese klas van 1994 is deesdae reg oor die wêreld versprei en tog, toe hulle 'n plek moes kies vir hule 20 jaar reünie het die oorgrote meerderheid vir die Wynland gestem. Stables Restaurant by Vergelegen was die perfekte plek om die gesellige wedersiens te huisves en die Boland het die gaste bederf met die allermooiste aand. Dit was 'n aand vol lag en gesels en jare se opvang, en van waar ek gestaan het, het dit gelyk asof die geleentheid 'n reuse sukses was!

October 3rd, 2015|Events|0 Comments

Haman Gesin

Dit was so 'n wonderlike voorreg om die Haman gesin te kon afneem! Tanya en Marius het my destyds gevra om hulle troue af te neem, maar ek kon nie omdat ek toe hoogswanger was met ons dogtertjie. En nou het ek die geleentheid gekry om hulle pragtige seuntjie te kon ontmoet! Hulle het vir sy eerste verjaarsdag in Stellenbosch by oupa en ouma kom kuier en dit goed gedink om 'n fotosessie te doen om die geleentheid te vier. Die Botaniese tuine in Stellenbosch is altyd 'n lushof en ons het 'n heerlike lente oggend daar deurgebring. Geniet die foto's!

October 2nd, 2015|Family Shoots|0 Comments

Stanley en Heleen

Stanley en Heleen se troue was 'n pragtige intieme aangeleentheid by Haute Cabriere op 'n lieflike sonskyndag in Franschhoek. Stanley het behoorlik gestraal van trots oor sy pragtige bruid en kon beswaarlik ophou glimlag die hele dag lank! Heleen het beeldskoon gelyk en ek is mal daaroor hoe sy haar eie persoonlikheid laat deurkom het deur 'n paar parmantige rooi stewels by haar klassieke kant trourok aan te trek. Stanley en Heleen, dit was vir my 'n groot voorreg om julle troue te kon afneem en te oordeel aan hoe julle twee saam is en al die ongelooflike toesprake oor julle en beide julle ouerpare, is julle twee absoluut gemaak vir mekaar. Die pad lê oop voor julle, gereed om aangegryp te word. Alles wat mooi is vir julle toekoms saam!

September 19th, 2015|Wedding Shoots|0 Comments

Morrocan Styled Shoot

This was my first attempt at a full blown styled shoot involving different wedding service providers in a collaborate effort to create something truly beautiful and unique. The make-up artist, Mariette Synman, became friends with a Morrocan lady and as the two of them chatted about her culture, Marette was inspired to do a photoshoot. She contacted me and the two of us decided to do a Moroccan styled shoot, but with a twist. We got a team of talented service providers on board, and from there the shoot took on a life of it’s own – coming together piece by piece. We wanted to evolve slightly away from the boho-style that would typically be expected with this theme. We hand-picked only specific elements from Moroccan weddings to incorporate in our shoot. In doing so, we created a more classical style, for the bride who wants to add an exotic touch to [...]

August 26th, 2015|Styled Shoots|0 Comments

De Villiers Gesin

Dit was so 'n voorreg om Nanette en Pierre-Benn se eerste babatjie te kon afneem! Ten spyte van al ons pogings wou die pragtige klein seuntjie net niks weet van slaap nie en het vreeslik belang gestel in alles wat om hom aangaan. Gelukkig het die slaap hom einde ten laaste darem oorval en kon ons die paar kaal foto's neem wat sy ma so graag wou hê om daardie kleinste lyfie vir ewig te kan onthou!

August 5th, 2015|Newborn Shoots|0 Comments

Moller Gesin

Ek het vir Ilze en Henk afgeneem net nadat hulle uitgevind het van hulle eersteling se koms. Dit was 'n wonderlike voorreg om hulle weer te kon afneem en die vriendelike mannetjie te ontmoet! Hy was so 'n plesier ek kon nie ophou foto's neem nie. Die moment as ek die kamera op hom rig, kyk hy op en glimlag soos 'n ou pro! Hoop julle geniet die oulike foto's van Jakobus so baie soos ek.

July 25th, 2015|Family Shoots|1 Comment

Latsky Gesin

Die Latsky's is goeie vriende van ons en dit was so lekker om die borrelende, lewenslustige gesin te kon afneem! Te oordeel aan hoe skoon klein Gia was toe ons begin het en hoe lekker vuil sy was teen die einde, dink ek dis veilig om te sê die kinders het die sessie nog meer as ek geniet!

July 2nd, 2015|Family Shoots|0 Comments

Werner and Bronwyn

I had the wonderful privilege before to photograph these two "secretly" when Werner proposed to Bronwyn, but it was fantastic to work with them on this engagement session. I am really looking forward to their wedding! They are such a loving couple who have been together for long enough to know each other through and through and are completely at ease in each other's company. We spent a beautiful morning in Stellenbosch where they could just be together and enjoy a great cup of coffee at Meraki while I snapped away. I am very happy with just how beautiful these photos came out. I hope you enjoy them too!

June 27th, 2015|Couples Shoots|0 Comments