Helette

/Helette

About Helette

This author has not yet filled in any details.
So far Helette has created 209 blog entries.

Belinda

Belinda is a Life Alignment Practitioner and needed photos for her website. So if you need some balance in your life, give her a call!

January 13th, 2017|Portrait Shoots|0 Comments

Du Toit Gesin

Philip en Carina het aan die begin van die jaar die Boland van hulle voete afgestof en Lichtenburg toe getrek agter 'n wonderlike nuwe werksgeleentheid aan. Ons het tydens die vakansie 'n paar foto's van hulle in Franskraal geneem. Baie strekte met die nuwe hoofstuk in julle lewens en mag dit uitdraai op 'n wonderlike avontuur!

December 31st, 2016|Family Shoots|0 Comments

Mostert Gesin

Ek het twee jaar gelede Liza en Eben se verrassingstroue in Elgin afgeneem en dit was so lekker om hulle nou weer te sien, nogsteeds stralend gelukkig saam! Die fotosessie saam met al hulle kinders was vet pret. Elkeen van hulle is lief vir 'n grappie en 'n bok vir sports. Hulle weet verseker hoe om die lewe te geniet en lag lekker maklik en baie saam. Dis was 'n vreugde om die middag saam met hulle deur te bring. Geniet die foto's!

December 12th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Smith Gesin

Vir Nadia ken ek al van hoërskool af en ek en sy en Alec het ook saam regte geswot. Die twee het nou elkeen 'n suksesvolle praktyk, Nadia as prokureur en Alec as konsultant, sowel as 'n gastehuis wat hulle van hulle huis af bedryf. Ek is so bly dat ek die foto's kon neem as viering van die opwindende nuwe hoofstuk wat nou vir hulle voorlê! Ek is seker hulle gaan net so 'n groot sukses van ouerskap maak!

December 8th, 2016|General|0 Comments

Viviers Gesin

Louwna werk op die Lourensford landgoed en aangesien die gesin ook daar woon wou hulle graag die foto's op die plaas neem. Dit was so 'n wonderlike voorreg om saam met hulle op die werkende plaas gedeelte te kon rondry wat ek andersins nooit te siene sou kry nie! Louis is die oulikste 3-jarige seuntjie met 'n borrelende persoonlikheid wat heeltyd geselsies maak en baie lief is vir hardloop. Hy het aan die begin van die fotosessie van 'n boomstomp afgespring en sy arm nerf-af geval op die grondpad. Dit moes brandseer wees, want hy was vir 'n rukkie vreeslik ontsteld en wou ten alle koste 'n pleister hê om die seer weg te vat (wat ons natuurlik nie byderhand gehad het nie!), maar kort daarna het hy 'n dapper glimlag opgediep en moedig voortgegaan met die fotosessie. Sonder om 'n ons van sy oulikgeit in te boet. Wat 'n [...]

November 6th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Vorster Gesin

Die twee pragtige kinders het volledig die verloop van hierdie fotosessie bepaal. Miskien moet ek hulle aanstel as voltydse assistente, want beter kon ek dit nie doen nie! Die Vorsters is kosbare vriende wat ons baie na aan die hart lê en die foto's is net presies hoe hulle altyd is. 'n Hegte gesin waar daar geen tekort aan liefde en waardering vir mekaar is nie. Wat lekker en baie saam kan lag en wat weet hoe om elke oomblik volluit te leef.

November 4th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Cadi, Willem en Lauren

Cadi en Willem was vir jare beste vriende en nadat Willem haar vertel het van sy nuwe meisie het sy besluit dis nou of nooit en die moed bymekaar geskraap om vir hom te sê hoe sy regtig voel. Hulle trou vroeg volgende jaar en ek kan nie wag om die vreugdevolle dag saam met hulle deur te bring en af te neem nie. Cadi en Willem is duidelik bedoel vir mekaar en die liefde en aanvaarding tussen die drie is te pragtig!

October 22nd, 2016|Family Shoots|0 Comments

Moller Gesin

Dit is vir my so lekker om 'n pad saam met my kliënte te stap en om te sien hoe die kindertjies grootword. Dit is die vierde keer dat ek die wonderlike voorreg het om die pragtige gesin af te neem. Jakobus is gewoonlik 'n droom voor die kameras, maar die dag het die fotosessie sy middagslapie kortgeknip en hy was nie juis beïndruk daarmee nie. Gelukkig kon sy geliefde Thomas treintjie so nou en dan die trane stuit en ons kon nietemin pragtige foto's kry. Hy is van nature so 'n vriendelike en dierbare seuntjie mens sou nooit glo dat hy ongelukkig was as jy na die foto's kyk nie! Maar toe hy besluit hy het nou finaal genoeg gehad van die storie het hy in geen onseker terme sy waentjie beetgekry en teruggestap kar toe sonder om een keer om te kyk. Dankie dat ek julle weer kon [...]

September 4th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Anene en Jasper

"A couple that laughs together, stays together". Die twee weet vir seker hoe om mekaar te laat lag en ek glo hulle sal dit regkry om altyd vir mekaar die silwer randjie om enige donker wolk uit te wys. Dit was heerlik om die middag saam met hulle deur te bring en hulle bietjie beter te kon leer ken voor hulle troue vroeg volgende jaar. Anene het 'n hele sak vol oulike foto idees gehad en ek kon net knoppie druk!

August 28th, 2016|Couples Shoots|0 Comments

William en Melissa

William en Melissa het 'n pragtige, vreugdevolle troue by Spier gehad en dit was so 'n voorreg om te kon deel wees van die bruilofsfees! Alles was asemrowend mooi - haar rok, die ongelooflike blomme, die stylvolle grys en wit decor en daai KOEK! Maar die mooiste van alles was die intimiteit en liefde wat in soveel oormaat was op die troue, dis amper tasbaar. Tussen die bruid en bruidegom natuurlik, maar dis ook baie duidelik dat elke persoon wat daar was vir hulle baie na aan die hart lê en dat altwee van hulle diep in die harte van hulle familie en vriende ingekruip is. En dis mos waaroor dit alles eintlik gaan. So weereens, wat 'n pagtige troue. Ek hoop die foto's kon dit vasvang. Baie dankie aan elkeen wat die dag moontlik en ekstra spesiaal gemaak het en veral Angelique Smith wat saam met my foto's geneem [...]

August 3rd, 2016|Wedding Shoots|0 Comments