William en Melissa het ‘n pragtige, vreugdevolle troue by Spier gehad en dit was so ‘n voorreg om te kon deel wees van die bruilofsfees! Alles was asemrowend mooi – haar rok, die ongelooflike blomme, die stylvolle grys en wit decor en daai KOEK! Maar die mooiste van alles was die intimiteit en liefde wat in soveel oormaat was op die troue, dis amper tasbaar. Tussen die bruid en bruidegom natuurlik, maar dis ook baie duidelik dat elke persoon wat daar was vir hulle baie na aan die hart lê en dat altwee van hulle diep in die harte van hulle familie en vriende ingekruip is. En dis mos waaroor dit alles eintlik gaan. So weereens, wat ‘n pagtige troue. Ek hoop die foto’s kon dit vasvang. Baie dankie aan elkeen wat die dag moontlik en ekstra spesiaal gemaak het en veral Angelique Smith wat saam met my foto’s geneem het, jy is vir my goud werd, dankie!
Hare en grimering: Adri Hugo Hair and Makeup Artist
Blomme: Anli Wahl Floral Design
Venue: Spier Eight Restaurant
Ko-ordinering: Hannes Loubser


Leave A Comment