Wedding Shoots

/Wedding Shoots

Corli en Joe se troue

Corli en Joe se troue was nou vir jou 'n ware bruilofsfees soos van ouds ..... behalwe dat daar absoluut NIKS "oudtyds" is aan die twee nie! By hierdie troue was daar geen aansit nie. Geen tierlantyntjies nie. Die fokus was volledig op hulle twee se ongekunstelde liefde vir mekaar en die mense vir wie hulle lief is en met wie hulle hul lewens deel. En dis dit. 'n Vriendin het Corli se hare en grimering gedoen en die res het sy ALLES self gedoen. Die versiering van die saal was als haar idees en alles is handgemaak met die hulp van haar ma en twee sussies. Selfs die blomme het hulle 'n paar dae voor die troue in die veld gaan pluk en in botteltjies rangskik. Die vetplantjies wat elke gas as geskenkie gekry het, het sy en Joe maande voor die tyd al begin kweek en die hout [...]

January 4th, 2020|Wedding Shoots|1 Comment

Stephen and Sophie

Stephen and Sophie tied the knot on a typical Cape Town day in December - very windy but beautiful. It all started with a sacred ceremony in the Saint Margaret Mary Catholic Church in Greenpoint, celebrating the sacrament of Holy Matrimony. Sophie was absolutely gorgeous in her timelessly elegant satin gown with it's fashionable bow and Stephen looked very dapper in his dark navy suit. Standing in front of the altar of that quaint little church the two of them looked as so regal they could pass as a royal couple any day! Thereafter the festivities continued at Buitenverwachting in Constantia where they partied late into the night surrounded by all their close friends and families. Angelique Smith, words cannot describe my gratefulness for your help as second shooter on the day. The photos you took were amazing and I used many of them in this post, but your thoughtfulness [...]

December 16th, 2017|Wedding Shoots|0 Comments

Hoffman Troue

Jasper en Anene se troue was een groot vreugde fees. Die twee wil graag binnekort saam Parys besoek en het toe besluit om hulle troue 'n bietjie Franse "flair" te gee sodat hulle die droom bietjie vroeër 'n (amper) werklikheid kan maak. En net soos dit moet wees op 'n vakansie was daar by die bruilof geen bekommernisse nie. Net baie grappies, baie lag en elke oomblik voluit geleef. Baie dankie dat ons kon deel in julle dag en die spesiale oomblikke kon vasvang vir julle om vir altyd te onthou. Geniet mekaar altyd so baie soos julle nou doen en mag al julle drome waar word! Marlize Botha, duisend duisend dankies vir al jou hulp op die dag en vir die pragtige foto's wat jy geneem het. Ek waardeer dit opreg!

October 7th, 2017|Wedding Shoots|0 Comments

Beulah en Fiellies

Beulah en Fiellies is al dekades lank saam, maar het onlangs besluit dat hulle tog maar die knoop wil deurhaak. Hulle het 'n klein intieme troue beplan met net hul heel naaste familie as gaste, maar Beulah se kollegas by Stellenbosch Universiteit met wie sy al jare lank saamwerk het op eie insisiatief 'n onthaal in die kleine gereël na die seremonie om die vreugdevolle geleentheid te vier. Dis duidelik dat die twee spesiale mense net hartsvriende maak so ver as wat hulle gaan. Beulah het al voor die troue vir my gesê sy is mal oor swart en wit foto's, maar haar rooi skoenepas, die pragtige blomme en diepblou rokke van die strooimeisies en al die ander ryk en warm kleure op hierdie helder sonnige dag pas so perfek by borrelende persoonlikheid en lus vir die lewe dat dit vir my moeilik was om die kleur weg te vat. [...]

March 25th, 2017|Wedding Shoots|0 Comments

William en Melissa

William en Melissa het 'n pragtige, vreugdevolle troue by Spier gehad en dit was so 'n voorreg om te kon deel wees van die bruilofsfees! Alles was asemrowend mooi - haar rok, die ongelooflike blomme, die stylvolle grys en wit decor en daai KOEK! Maar die mooiste van alles was die intimiteit en liefde wat in soveel oormaat was op die troue, dis amper tasbaar. Tussen die bruid en bruidegom natuurlik, maar dis ook baie duidelik dat elke persoon wat daar was vir hulle baie na aan die hart lê en dat altwee van hulle diep in die harte van hulle familie en vriende ingekruip is. En dis mos waaroor dit alles eintlik gaan. So weereens, wat 'n pagtige troue. Ek hoop die foto's kon dit vasvang. Baie dankie aan elkeen wat die dag moontlik en ekstra spesiaal gemaak het en veral Angelique Smith wat saam met my foto's geneem [...]

August 3rd, 2016|Wedding Shoots|0 Comments

Reynier en Natasha

Die troue van Natasha en Reynier was 'n absolute fees vir die oog. Reynier werk by Fruitways in Elgin en die twee het besluit dat die Eykenhof Dam die perfekte plek vir hulle troue sal wees, maar daar was niks. Nie eers elektrisiteit nie. Hulle het kratte gebruik om 'n leë stuk sementblad in 'n lokaal te omskep, pale geplant en honderde liggies gehang. Natasha se ma het die servette gemaak en plekke is aangewys met appels wat hulle goud gespuit het en elke gas se naam is in hout uitgesny. Die res van die meubels, kiste, hoedbokse en versierings wat gebruik is in die ekstra sitruimte wat geskep is kom als uit hulle huis. Dis fantasties hoe hulle die omgewing gebruik het as inspirasie vir die dekor en sodoende 'n pragtige, uitsers stylvolle troue geskep het sonder om die bank te breek. Selfs vir die konfetti is dieselfde fyn [...]

December 19th, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Werner and Bronwyn

Werner and Bronwyn have a beautiful love story. They met in 2009, it was love at first sight and they have been together ever since. In January I had the privilege to photograph their actual surprise engagement and it was such an honour for me to be a part of their journey until they got married on the 3rd of December. You don't have to be in the company of these two for too long before realising that they are best friends, soul mates even, and that they love each other tenderly and unconditionally. They are just perfect together and that made this wedding absolutely beautiful. I hope these photos does it some justice! I have to give a huge thank you to Angelique Smith Photography who was my wing-girl for the day. She was there the whole day to support me (and my 7 month pregnant belly!) in every [...]

December 3rd, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Stanley en Heleen

Stanley en Heleen se troue was 'n pragtige intieme aangeleentheid by Haute Cabriere op 'n lieflike sonskyndag in Franschhoek. Stanley het behoorlik gestraal van trots oor sy pragtige bruid en kon beswaarlik ophou glimlag die hele dag lank! Heleen het beeldskoon gelyk en ek is mal daaroor hoe sy haar eie persoonlikheid laat deurkom het deur 'n paar parmantige rooi stewels by haar klassieke kant trourok aan te trek. Stanley en Heleen, dit was vir my 'n groot voorreg om julle troue te kon afneem en te oordeel aan hoe julle twee saam is en al die ongelooflike toesprake oor julle en beide julle ouerpare, is julle twee absoluut gemaak vir mekaar. Die pad lê oop voor julle, gereed om aangegryp te word. Alles wat mooi is vir julle toekoms saam!

September 19th, 2015|Wedding Shoots|0 Comments

Conrad en Jo-Mari

Hierdie pragtige pastel troue is 'n bewys dat baie liefde,'n bietjie kreatiwiteit en 'n spanpoging al is wat nodig is om 'n groot sukses van 'n troue te maak. Jo-Mari en Conrad is albei van Somerset-Wes en het besluit om net plaaslike diensverskaffers te gebruik en waar hulle kon het hulle en hul vriende en familie als self gedoen. Haar sussie se dogtertjie was net die oulikste blommemeisie ooit en ek moes omtrent my lag hou toe sy en haar boetie met groot mening en vreeslike gesigsuitdrukkings daai blaartjies in die paadjie af strooi! Wat dit ekstra spesiaal gemaak het is dat haar ma self destyds daai einste rokkie as blommemeisie by 'n troue gedra het! Dis duidelik dat Conrad en Jo-Mari 'n baie spesiale plekkie in hule vriende en familie se harte het en die troue was gevul met liefde en waardering vir mekaar. Dit was 'n groot voorreg [...]

October 4th, 2014|Wedding Shoots|2 Comments

Leandrie en Kenneth

Leandrie en Kenneth woon in Gauteng, maar het besluit om die knoop deur te haak in die pragtige Nuy Vallei by . Hulle troue was 'n samekoms van intieme vriende en familielede en die feesvieringe het oor die hele naweek gestrek. Dis duidelik dat die twee elk 'n baie spesiale plekkie in almal wat daar was se harte het. Alhoewel dit redelik koud was, was dit 'n lieflike sonskyndag en die heldergroen en pers dekor het alles verder opgevrolik. Leandrie het absoluut asemrowend gelyk in daai fantastiese rok! Baie dankie dat julle my vertrou het om julle spesiale dag vas te vang. Ek hoop julle geniet die foto's!

August 23rd, 2014|Wedding Shoots|0 Comments