Die troue van Natasha en Reynier was ‘n absolute fees vir die oog. Reynier werk by Fruitways in Elgin en die twee het besluit dat die Eykenhof Dam die perfekte plek vir hulle troue sal wees, maar daar was niks. Nie eers elektrisiteit nie. Hulle het kratte gebruik om ‘n leë stuk sementblad in ‘n lokaal te omskep, pale geplant en honderde liggies gehang. Natasha se ma het die servette gemaak en plekke is aangewys met appels wat hulle goud gespuit het en elke gas se naam is in hout uitgesny. Die res van die meubels, kiste, hoedbokse en versierings wat gebruik is in die ekstra sitruimte wat geskep is kom als uit hulle huis. Dis fantasties hoe hulle die omgewing gebruik het as inspirasie vir die dekor en sodoende ‘n pragtige, uitsers stylvolle troue geskep het sonder om die bank te breek. Selfs vir die konfetti is dieselfde fyn wit blommetjies gebruik wat oral herhaal is in die dekor. Natasha en Reynier se gemaklike, warm persoonlikhede en die liefde en hegtheid tussen hulle en die naby vriende en familie wat daar was het gesorg vir ‘n heerlike warm, gesellige atmosfeer ten spyte van die voortdurende misreën wat almal naderhand redelik nat gehad het! Maar ek is seker in die twee se geval gaan die goeie geluk wat voorspel word met reën by die troue verseker waar word. Julle is’n pragtige paartjie en dit was so ‘n voorreg om die spesiale dag met julle te kon deel. Mag julle baie gelukkig saam wees en mekaar altyd so maklik laat lag!
Ek is baie trots daarop dat die troue ook pronk op Lovilee se blog!
It was the first wedding of its kind that I performed. That was awesome. The guest were great. The couple,I don’t have words. I was the Reverend performing the wedding.