My Work

/My Work/

Corli en Joe se troue

Corli en Joe se troue was nou vir jou 'n ware bruilofsfees soos van ouds ..... behalwe dat daar absoluut NIKS "oudtyds" is aan die twee nie! By hierdie troue was daar geen aansit nie. Geen tierlantyntjies nie. Die fokus was volledig op hulle twee se ongekunstelde liefde vir mekaar en die mense vir wie hulle lief is en met wie hulle hul lewens deel. En dis dit. 'n Vriendin het Corli se hare en grimering gedoen en die res het sy ALLES self gedoen. Die versiering van die saal was als haar idees en alles is handgemaak met die hulp van haar ma en twee sussies. Selfs die blomme het hulle 'n paar dae voor die troue in die veld gaan pluk en in botteltjies rangskik. Die vetplantjies wat elke gas as geskenkie gekry het, het sy en Joe maande voor die tyd al begin kweek en die hout [...]

January 4th, 2020|Wedding Shoots|1 Comment

Engelbrecht Gesin

Dit is altyd 'n plesier om die pragtige gesin by hulle prentjie mooi huis af te neem. Nou soveel te meer wat daar twee borrelende rooikop seuntjies is! Die twee boeties is net te oulik vir woorde en dis so dierbaar om te sien hoe klein Sion reeds 'n heldeverering vir sy ouboet het en hom alles wil nadoen. Wat 'n voorreg!

January 7th, 2019|Family Shoots|0 Comments

Hysom Family

The Hysom's is a super fun and super brave family to photograph. We left Somerset-West on a beautiful evening but shortly after we settled in on the beach at Kogel Bay a dark cloud came over and it started pouring. We decided to push trough and these photos were all taken within a few seconds every time the rain let up for brief periods. We had great laughs and I had no idea how the photos would turn out in the end, but with such a fun memory attached to them it really didn't matter that much!

November 27th, 2018|Family Shoots|0 Comments

Marie en Theunis

Dit was 'n koue, bewolkte wintersmiddag in Gordonsbaai, maar die twee met hulle sonnige geaardhede het dit na mooi weer laat voel. Ek het so 'n lekker tyd met hulle gehad! Dis so mooi om te sien hoe verlief hulle op mekaar is in afwagting op die babatjie wat kom, maar die mooiste van als is hoeveel pret hulle saam het en hoe maklik hulle mekaar laat lag. Dit laat elke foto straal al was daar nie 'n enkele sonstraal in sig nie! Dis voorwaar 'n baie gelukkige baba wat die twee as ouers gaan kry en ek kan nie wag om hom/haar ook een van die dae te ontmoet nie!

August 19th, 2018|Maternity Shoots|0 Comments

Teweli Family

This gorgeous family recently visited South Africa from Dar es Salaam to attend a friend's wedding. Their kids came along this time and they wanted to do family shoot while staying in Cape Town. The Mother City delivered the most perfect day on the only date that could work and we spent a glorious morning in Kirstenbosch Gardens. How adorable are these two kids? That little girl's laughter is so contagious you just have to look at the photos to be affected! Just loved capturing their bold personalities. Enjoy!

August 14th, 2018|Family Shoots|0 Comments

Maree Gesin

Die Maree's word een van die dae nog 'n seuntjie ryker. Tanya se swangerskap was uitdagend en moeilik die keer met skokkende nuus en heelwat onsekerhede wat hulle moes verwerk deurentyd. Maar sy en Lyle is twee besondere sterk, diep gelowige mense met 'n pragtige verhouding en die wonderlikste ondersteunende vriendekring wat jy jou kan indink, want hulle twee is net so mooi van binne as van buite! Ek is so dankbaar dat ons die laaste rukkie van haar swangerskap so mooi kon vasvang noudat hulle gevul is met vrede en sy behoorlik straal. Ek kan nie wag om klein Cobee, die wonderwerk baba, te ontmoet nie. Hy kon nie vra vir 'n beter gesin om van deel te word nie!

August 12th, 2018|Maternity Shoots|0 Comments

Patel Family

The Patel family came all the way from America to visit South Africa and Namibia together with their kids. While in Cape Town, they stayed in the beautiful new Zarose hotel in Stellenbosch. They wanted a few family photos taken there to commemorate this special holiday. Zarose has the most beautiful panoramic views over the mountains and we were treated to several spectacular vistas as the light kept changing as the sun set. It was breathtaking! It was such a pleausre to meet you and your lovely family Minesh. I hope you had a fantastic trip!

July 14th, 2018|General|0 Comments

Engelbrecht Gesin

Die Engelbrechts het onlangs nog 'n pragtige seuntjie ryker geword en dis vir my so 'n groot voorreg om ook hierdie mylpaal in hulle gesinslewe te kon vasvang. Met so 'n leefstylsessie word 'n tipiese dag in hulle lewens uitgebeeld presies soos dit nou is. Kompleet met 'n babatjie wat nie wil slaap nie en 'n ouboet wat bars uit sy nate van trots, opwinding en 'n bietjie onsekerheid oor sy nuwe boetie. 'n Nuwe baba sorg ook vir ekstra spesiale tye vir ouboet saam met Pappa en dit was so lekker om die twee se dinosaurus avonture te aanskou. En het die twee beeldskone rooikop seuntjies nie die mooiste kamers nie! Baie dankie Annalize en Johann dat ek julle weer kon afneem. Dis vir my so lekker! Geniet die foto's!

May 4th, 2018|Family Shoots|0 Comments

The Betts and Family

This photosession on Yzerfontein's beach was true and honest beach fun with this delightful family. Nothing was staged or posed, it just happened. I met and photographed the Betts in Somerset-West 4 years ago when their first little girl was only 6 months old. Lesley's sister and her husband lives in New Zealand and I am so happy that they asked me again to take some photos of the whole family before they returned home. It is clear that this is a loving, close-knit family who enjoys each other's company tremendously. What could be more precious than that! I tried my best to capture the raw nature of their relationship and all the spontaneous silliness and laughter, because that is what we all treasure most in the end. Enjoy!

April 21st, 2018|Family Shoots|0 Comments

Smith Gesin

Dis vir my 'n reuse voorreg om 'n gesin se mylpale te kan dokumenteer. In die Smith's se geval het ons hulle swangerskap, pasgebore baba en nou Alexander se een jaar oud foto's geneem teen dieselfde agtergrond - in hulle huis en op hulle gusnteling strand (waar Alexander vir seker in sy pa se Surf-spore gaan volg!) Dan kan mens so mooi sien hoe die gesin, die huis en die honde moes groei en aanpas by die nuwe mensie wat by hulle aangesluit het. En wat 'n fees is dit nie! Hierdie klein mannetjie loop oor van persoonlikheid, energie en selfvertroue en hou hulle behoorlik op hulle tone! Geniet hom!

February 20th, 2018|Family Shoots|0 Comments