Die Engelbrechts het onlangs nog ‘n pragtige seuntjie ryker geword en dis vir my so ‘n groot voorreg om ook hierdie mylpaal in hulle gesinslewe te kon vasvang. Met so ‘n leefstylsessie word ‘n tipiese dag in hulle lewens uitgebeeld presies soos dit nou is. Kompleet met ‘n babatjie wat nie wil slaap nie en ‘n ouboet wat bars uit sy nate van trots, opwinding en ‘n bietjie onsekerheid oor sy nuwe boetie. ‘n Nuwe baba sorg ook vir ekstra spesiale tye vir ouboet saam met Pappa en dit was so lekker om die twee se dinosaurus avonture te aanskou. En het die twee beeldskone rooikop seuntjies nie die mooiste kamers nie!
Baie dankie Annalize en Johann dat ek julle weer kon afneem. Dis vir my so lekker! Geniet die foto’s!

Leave A Comment