Die Maree’s word een van die dae nog ‘n seuntjie ryker. Tanya se swangerskap was uitdagend en moeilik die keer met skokkende nuus en heelwat onsekerhede wat hulle moes verwerk deurentyd. Maar sy en Lyle is twee besondere sterk, diep gelowige mense met ‘n pragtige verhouding en die wonderlikste ondersteunende vriendekring wat jy jou kan indink, want hulle twee is net so mooi van binne as van buite! Ek is so dankbaar dat ons die laaste rukkie van haar swangerskap so mooi kon vasvang noudat hulle gevul is met vrede en sy behoorlik straal. Ek kan nie wag om klein Cobee, die wonderwerk baba, te ontmoet nie. Hy kon nie vra vir ‘n beter gesin om van deel te word nie!
Leave A Comment