Ek is mal oor hierdie foto’s! Die warm herfskleure, Nanette se stunning hare wat perfek daarby pas, die oulikste seuntjie wat jy jou kan indink en ‘n ma en pa wat super cool is en enige iets pret kan maak – waarvoor meer kan mens vra! Ek het vir Arjen afgeneem toe hy ‘n pasgebore babatjie was en dit was so lekker om hom nou beter te leer ken. Ek sien so uit daarna om een van die dae sy sussie te ontmoet, want met sulke gene kan sy net pragtig en oulik wees! En boonop is sy op my verjaarsdag gebore! Ek hoop julle geniet die foto’s net so baie soos ek. (Dis bietjie baie, want dit was moeilik om te kies en ‘n paar agtereenvolgendes vertel die storie van wat op daai oomblik gebeur het so mooi dat ek eenvoudig almal moes opsit!)
Wow, Helette, jy neem voorwaar die mooiste fotos! Jy het elke oomblik so pragtig vasgevang. Baie dankie!