Loots Familie
Dit is altyd vir my so 'n voorreg om 'n pad saam met mense te stap en 'n klein deeltjie van hulle lewenspad vas te vang. Ek het Stanley en Heleen se troue in 2015 afgeneem en nou, presies twee jaar later kry ek die geleentheid om hulle as gesin af te neem. Hulle is nou die trotse ouers van die pragtige, vreugdevolle en vrolike Hayley. Hulle verhuis binnekort na Port Elizabeth vir 'n werksgeleentheid, en wou voor hulle gaan 'n paar foto's hê om saam te neem. Die Kaap het een van sy mooiste dae opgedis en ouma en oupa sowel as Heleen se jongste boetie het saamgekom na Kirstenbosch vir die foto sessie. Hayley was absoluut die middelpunt van die aandag met haar borrelende persoonlikheid en vir haar was die hoogtepunt om haar jongste oom behoorlik te treiter! Sterkte met die nuwe hoofstuk in julle lewens en mag [...]