Ek en Jana het ‘n paar gemeenskaplike vriendinne en loop mekaar dus elke nou en dan onverwags raak, maar dis eers onlangs wat ons mekaar heelwat beter leer ken het toe ons ‘n slag saam gaan draf het! Sy het daar en dan besluit dis tyd vir familie foto’s en ek is baie bly dat ek die geleentheid gekry het om dit vir hulle te kon doen. Dit was heerlik om die res van haar gesin ook te ontmoet. Sy wou graag ‘n bietjie van die berge ook in die agtergrond hĂȘ en ons het ‘n lieflike middag op Vergelegen saam deurgebring. Die winter sonnetjie en die berge het soos gewoonlik glad nie teleurgestel nie! Hoop julle geniet die foto’s!

Leave A Comment