Jasper en Anene se troue was een groot vreugde fees. Die twee wil graag binnekort saam Parys besoek en het toe besluit om hulle troue ‘n bietjie Franse “flair” te gee sodat hulle die droom bietjie vroeër ‘n (amper) werklikheid kan maak. En net soos dit moet wees op ‘n vakansie was daar by die bruilof geen bekommernisse nie. Net baie grappies, baie lag en elke oomblik voluit geleef. Baie dankie dat ons kon deel in julle dag en die spesiale oomblikke kon vasvang vir julle om vir altyd te onthou. Geniet mekaar altyd so baie soos julle nou doen en mag al julle drome waar word!
Marlize Botha, duisend duisend dankies vir al jou hulp op die dag en vir die pragtige foto’s wat jy geneem het. Ek waardeer dit opreg!
Leave A Comment