Stanley en Heleen se troue was ‘n pragtige intieme aangeleentheid by Haute Cabriere op ‘n lieflike sonskyndag in Franschhoek. Stanley het behoorlik gestraal van trots oor sy pragtige bruid en kon beswaarlik ophou glimlag die hele dag lank! Heleen het beeldskoon gelyk en ek is mal daaroor hoe sy haar eie persoonlikheid laat deurkom het deur ‘n paar parmantige rooi stewels by haar klassieke kant trourok aan te trek. Stanley en Heleen, dit was vir my ‘n groot voorreg om julle troue te kon afneem en te oordeel aan hoe julle twee saam is en al die ongelooflike toesprake oor julle en beide julle ouerpare, is julle twee absoluut gemaak vir mekaar. Die pad lê oop voor julle, gereed om aangegryp te word. Alles wat mooi is vir julle toekoms saam!







































































































Leave A Comment