Helette

/Helette

About Helette

This author has not yet filled in any details.
So far Helette has created 209 blog entries.

Lika van der Merwe

Dit is nie 'n storie wat almal kan vertel nie. Marelie en Trix was vriendinne op skool en daarna het hulle vir 'n ruk lank ver van mekaar gewoon. Altwee het onlangs toevallig na die Kaap verhuis en uitgevind dat hulle altwee swanger is. Die twee vriendinne het toe mekaar as "buurvroue" in die hospitaal raakgeloop en op dieselfde dag elkeen 'n baba dogtertjie ryker geword! Ek het die wonderlike voorreg gehad om altwee die spesiale babatjies af te neem en vandag deel ek Marelie en Andre se beeldskone poppie se foto's met julle. Ek is versot op die pragtige baba kamer! Marelie het alles self beplan en by mekaar gesit. Al die houtwerk is deur haar broer gedoen en die hekelwerk deur haar skoonsus. Wat 'n span!

July 20th, 2016|Newborn Shoots|0 Comments

Hendre en Steven

Hierdie pragitge paartjie het onlangs verloof geraak en het foto's nodig gehad vir hulle trou uitnodiging. Dankie dat julle my gekies het om julle foto's te neem. Dit was heerlik om die middag saam met julle deur te bring. Ek glo julle troue gaan absoluut fantasties en baie spesiaal wees. Ek wens julle als wat mooi is toe vir julle toekoms saam! Na 'n lekker kuier in die park is ons na Gordonsbaai se hawe om die sonsondergang daar te ten volle te benut. Wat is dan nou lekkerder en meer romanties as om saam tone in die sand te sit en kyk hoe die son in die see in verdwyn.

July 11th, 2016|Couples Shoots|0 Comments

Trixie de Waal

Ek het nie woorde om te beskryf hoe spesiaal dit vir my was om Trix en Danie se eerste babatjie te kon afneem nie. Trix en haar drie sussies het oorkant ons gebly in Springbok toe ons altwee nog klein dogtertjies was en hulle huis was vir my en my broer soos ons tweede huis. Ons het later Windhoek toe getrek en hulle Malmesbury toe en daarna het ons paaie tydelik geskei. Baie jare het verloop. Trix en Danie het teruggekeer vanaf Angola na Suid-Afrika en my man het onlangs by dieselfde firma as Trix se ouer sussie begin werk en dit was meer as genoeg rede om die bande weer op te tel. En toe kom die wonderlike nuus! Trixie is die eerste babatjie in hulle familie en het baie gepas haar ouma se naam gekry. 'n Ouma wat die mooiste vrou was wat ek nog geken het en [...]

July 8th, 2016|Newborn Shoots|0 Comments

Groblers en De Jagers

Carien en Andreas verhuis eersdaags na Kananda en wou 'n paar kosbare familie oomblikke vasvang om saam te neem. Hulle moet ook hulle twee liefling honde hier agterlaat, so dit maak die foto's sommer nog meer spesiaal. Ons het 'n heerlike winters-namiddag saam deurgebring en daar was lekker baie gelag en gehuil. Selfs ek het trane in my oë gekry toe Andreas se ma aangedaan raak omdat sy eersdaags van haar kind moet afskeid neem. Die afskeid is nooit lekker nie, maar ek wens julle alles van die beste toe en glo dat julle 'n wonderlike tyd daar gaan hê en fantastiese herinneringe gaan maak wat julle vir ewig met julle gaan saamdra. Baie dankie dat ek die foto's vir julle kon neem om die verlange so bietjie meer draaglik te maak in altwee lande!

June 10th, 2016|Family Shoots|0 Comments

De Wet Family

The De Wets are expecting their first baby soon and to celebrate this special time in their lives, we went for a relaxed late afternoon stroll with their beloved dogs to take some photos.

April 23rd, 2016|Family Shoots|0 Comments

Burger Familie

Ek is so dankbaar dat ek uiteindelik die pragtige gesin kon afneem! Ek en Martine was saam op skool in Stellenbosch, maar hulle woon tans in Upington. Sedert 2011 probeer ek en sy bymekaar uitkom om geseinsfoto's te neem, en ten spyte van baie kreatiewe reelings het ons dit nou eers reggekry! Martine, dit was heerlik om die middag saam met julle deur te bring en julle kan met reg trots wees op julle pragtige kindertjies!

December 21st, 2015|Family Shoots|0 Comments

Reynier en Natasha

Die troue van Natasha en Reynier was 'n absolute fees vir die oog. Reynier werk by Fruitways in Elgin en die twee het besluit dat die Eykenhof Dam die perfekte plek vir hulle troue sal wees, maar daar was niks. Nie eers elektrisiteit nie. Hulle het kratte gebruik om 'n leë stuk sementblad in 'n lokaal te omskep, pale geplant en honderde liggies gehang. Natasha se ma het die servette gemaak en plekke is aangewys met appels wat hulle goud gespuit het en elke gas se naam is in hout uitgesny. Die res van die meubels, kiste, hoedbokse en versierings wat gebruik is in die ekstra sitruimte wat geskep is kom als uit hulle huis. Dis fantasties hoe hulle die omgewing gebruik het as inspirasie vir die dekor en sodoende 'n pragtige, uitsers stylvolle troue geskep het sonder om die bank te breek. Selfs vir die konfetti is dieselfde fyn [...]

December 19th, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Fronzek Family

The Fronzek's spent their December holidays in South Africa with their super adorable twins and wanted some family photos to take back home to Germany. What a beautiful, loving family!

December 17th, 2015|Family Shoots|0 Comments

Werner and Bronwyn

Werner and Bronwyn have a beautiful love story. They met in 2009, it was love at first sight and they have been together ever since. In January I had the privilege to photograph their actual surprise engagement and it was such an honour for me to be a part of their journey until they got married on the 3rd of December. You don't have to be in the company of these two for too long before realising that they are best friends, soul mates even, and that they love each other tenderly and unconditionally. They are just perfect together and that made this wedding absolutely beautiful. I hope these photos does it some justice! I have to give a huge thank you to Angelique Smith Photography who was my wing-girl for the day. She was there the whole day to support me (and my 7 month pregnant belly!) in every [...]

December 3rd, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Cadi-Lee en Lauren

Was dit nou nie 'n lekker shoot nie! Die skattige dogtertjie en haar ma het 'n pragtige verhouding en is duidelik baie erg oor mekaar. Lauren is 'n bondel energie en al het ek aanvanklik gedink die mooi rooikoppie is 'n regte dame is ek mal daaroor dat sy my totaal verkeerd bewys het. Sy het rondgehardloop, in bome geklouter, met stokke in die water gespeel en later selfs haar ma oortuig om in te kom vir 'n water geveg. Cadi, baie dankie dat julle my gevra het om julle af te neem, ek hoop julle geniet die foto's so baie soos ek!

November 22nd, 2015|Family Shoots|0 Comments