Ek het nie woorde om te beskryf hoe spesiaal dit vir my was om Trix en Danie se eerste babatjie te kon afneem nie. Trix en haar drie sussies het oorkant ons gebly in Springbok toe ons altwee nog klein dogtertjies was en hulle huis was vir my en my broer soos ons tweede huis. Ons het later Windhoek toe getrek en hulle Malmesbury toe en daarna het ons paaie tydelik geskei. Baie jare het verloop. Trix en Danie het teruggekeer vanaf Angola na Suid-Afrika en my man het onlangs by dieselfde firma as Trix se ouer sussie begin werk en dit was meer as genoeg rede om die bande weer op te tel. En toe kom die wonderlike nuus! Trixie is die eerste babatjie in hulle familie en het baie gepas haar ouma se naam gekry. ‘n Ouma wat die mooiste vrou was wat ek nog geken het en vir wie ek baie lief was. ‘n Ouma wat hopeloos te vroeg weg is. ‘n Ouma wat bitterlik trots sou wees op haar vier dogters wat nou almal pragtige vrouens is van binne en buite. ‘n Ouma wat hierdie dierbare kleinkind van haar sou opvreet. Ek dra hierdie foto’s op aan Tannie Trix.

De Waal-41

De Waal-1

De Waal-2

De Waal-4

De Waal-9

De Waal-8

De Waal-10

De Waal-11

De Waal-15

De Waal-5

De Waal-12

De Waal-14

De Waal-13

De Waal-18

De Waal-19

De Waal-21

De Waal-23

De Waal-24

De Waal-25

De Waal-26

De Waal-28

De Waal-29

De Waal-30

De Waal-31

De Waal-32

De Waal-34

De Waal-33

De Waal-35

De Waal-36

De Waal-37

De Waal-38

De Waal-39

De Waal-40

De Waal-42

De Waal-43

De Waal-61

De Waal-46

De Waal-47

De Waal-48

De Waal-49

De Waal-52

De Waal-50

De Waal-53

De Waal-57

De Waal-58

De Waal-56

De Waal-55

De Waal-62

De Waal-59

July 8th, 2016|Newborn Shoots|0 Comments

Leave A Comment