Universiteit Vrystaat se mediese klas van 1994 is deesdae reg oor die wêreld versprei en tog, toe hulle ‘n plek moes kies vir hule 20 jaar reünie het die oorgrote meerderheid vir die Wynland gestem. Stables Restaurant by Vergelegen was die perfekte plek om die gesellige wedersiens te huisves en die Boland het die gaste bederf met die allermooiste aand. Dit was ‘n aand vol lag en gesels en jare se opvang, en van waar ek gestaan het, het dit gelyk asof die geleentheid ‘n reuse sukses was!
Leave A Comment