Family Shoots

/Family Shoots

Louw Familie

Soms ontmoet mens iemand en dit voel asof jy mekaar al lankal ken en die oulike gesin van Stellenbosch het sommer dadelik soos ou vriende gevoel. Ons het so lekker gesels en gelag tydens die fotosessie, die tyd het gevlieg! Hoop julle geniet die foto's!

December 3rd, 2017|Family Shoots|0 Comments

Human Gesin

Ek het vir Anri amper 20 jaar gelede ontmoet in my eerste jaar in Minerva waar sy toe 'n HK lid en sêrleier was. Ek het haar daarna nooit weer gesien nie en groot was my verbasing toe ek die navraag vir foto's ontvang en haar gesig op haar WhatsApp profielfoto herken. Ons woon al vir jare in dieselfde dorp en loop mekaar nooit raak nie! Ons het die mooiste middag saam in Vergelegen spandeer en dit was 'n absolute fees om haar pragtige gesin af te neem. Dit is die oulikste en vriendelikste drie kinders wat jy jou kan indink. Geniet die foto's!

November 5th, 2017|Family Shoots|0 Comments

Dora’s Family

There certainly is a lot of love to go around between this family and their furry (and feathered) friends! Between Dora, her husband and her daughter they have 6 dogs and a parrot . These pets are dearly loved family members even though the three little ones are all stone deaf by now. But these pets are so well behaved it was no trouble at all to get them to do what we want, even though some couldn't even hear us at all. What a blessing it is to be able to share our lives with pets. Keep yours safe this holiday season!

November 5th, 2017|Family Shoots|0 Comments

Bernard Gesin

Vir hierdie post was dit amper ontmoontlik om net 'n paar foto's te kies vir die blog. Daar is soveel liefde en teerheid en spesiale oomblikke in elke foto vasgevang dat ek nie anders kon as om amper almal op te laai nie. Om 'n babatjie van tussen 1 en 2 jaar oud te hê, is in my boek van die heel spesiaalste tye wat die lewe kan bied. En soveel te meer as dit die eerste baba is. Die wêreld kom tot stilstand en alles wentel rondom hierdie nuwe mensie wat jy uiteindelik kan begin leer ken en jy sien weer die wêreld om jou deur die oe van 'n kind. Vat dus die tyd en blaai deur al die baie foto's en beleef (of herleef) die absolute oorvloed van liefde!

November 4th, 2017|Family Shoots|0 Comments

De Kock Gesin

Hierdie tipe familie fotosessies is my absolute gunsteling. Dis 'n grepie uit 'n dag in jou lewe. Presies soos dit nou is, sonder om enige iets op te stel of voor te gee. Presies soos jy dit eendag gaan onthou. En die foto's is bloot 'n herinnering wat nie gaan vervaag met tyd nie. Die pragtige gesin behoort aan Didi en Henning. Ons vriendskap kom al 20 jaar aan nadat ons mekaar as eerstejaars op universiteit ontmoet het. Dit altyd vir my so lekker om hulle af te neem. Die lewe met drie klein seuntjies is rof en dol en besig, maar wie kan nou vra vir meer! Al die liefde en opwinding wat daarmee saamgaan maak dit alles oor en oor die moeite werd. As hulle maar net so 'n bietjie langer so klein kon bly...

October 15th, 2017|Family Shoots|0 Comments

Loots Familie

Dit is altyd vir my so 'n voorreg om 'n pad saam met mense te stap en 'n klein deeltjie van hulle lewenspad vas te vang. Ek het Stanley en Heleen se troue in 2015 afgeneem en nou, presies twee jaar later kry ek die geleentheid om hulle as gesin af te neem. Hulle is nou die trotse ouers van die pragtige, vreugdevolle en vrolike Hayley. Hulle verhuis binnekort na Port Elizabeth vir 'n werksgeleentheid, en wou voor hulle gaan 'n paar foto's hê om saam te neem. Die Kaap het een van sy mooiste dae opgedis en ouma en oupa sowel as Heleen se jongste boetie het saamgekom na Kirstenbosch vir die foto sessie. Hayley was absoluut die middelpunt van die aandag met haar borrelende persoonlikheid en vir haar was die hoogtepunt om haar jongste oom behoorlik te treiter! Sterkte met die nuwe hoofstuk in julle lewens en mag [...]

September 17th, 2017|Family Shoots|0 Comments

Welman Family

Pieter and his three sisters live all over the world with their families. This year on a rare occasion all of them were together in the same place at the same time and even though they were hesitant at first, they knew it just had to be documented. Pieter's wife is a good friend of mine from varsity and I am so happy that she chose me for the task. It was great to meet their entire extended family. They rented an absolutely gorgeous house in Hermanus, but unfortunately on the day of the shoot the rain came pouring down all day. Given the drought we are eternally grateful for each drop that falls, but there was a chilly wind that came with it and we ended up stuck indoors with 7 kids under the age of 8! Luckily they have wonderful parents who kept them all entertained and happy, [...]

August 16th, 2017|Family Shoots|0 Comments

Denni Kriel

I have had the wonderful privilege of photographing this beautiful family a couple of times before and it was so great to meet their newest member, little Denni. She is two months old and just as cute as can be. Her facial expressions alone tells a story in itself! Her big sister Leah was fascinated with the clicking sound my camera made and I love how she mimicked me by pinching her fingers together each time I took a photo! She was very concerned, though, because to her it sounded like something was breaking inside and after each photo she said: "O oh, what happened?" Never a dull moment with kids around! Leandra and Wian, thanks so much for welcoming me into your home and allowing me to capture these special moments in your life again. Enjoy the photos!

August 6th, 2017|Family Shoots, Newborn Shoots|1 Comment

Walsh Family

A child's innocence and joy for life is infectious, especially when you are in the company of a cute 4 year old girl. She was not too keen on having her photo taken at first, but then the beautiful setting and the wonder of being out in nature got to her and this maternity session promptly turned into a hunt for pine cones, playing hide and seek, jumping in mud puddles and stories about Peppa Pig. Followed by hugs and kisses and overall silliness. Perfect. You are going to be an amazing big sis, Amy!

July 10th, 2017|Family Shoots, Maternity Shoots|1 Comment

Bergh Gesin

Ek en Jana het 'n paar gemeenskaplike vriendinne en loop mekaar dus elke nou en dan onverwags raak, maar dis eers onlangs wat ons mekaar heelwat beter leer ken het toe ons 'n slag saam gaan draf het! Sy het daar en dan besluit dis tyd vir familie foto's en ek is baie bly dat ek die geleentheid gekry het om dit vir hulle te kon doen. Dit was heerlik om die res van haar gesin ook te ontmoet. Sy wou graag 'n bietjie van die berge ook in die agtergrond hê en ons het 'n lieflike middag op Vergelegen saam deurgebring. Die winter sonnetjie en die berge het soos gewoonlik glad nie teleurgestel nie! Hoop julle geniet die foto's!

May 28th, 2017|Family Shoots|0 Comments