Family Shoots

/Family Shoots

Anina, Elmo en Alexis

Anina het vir my die mooiste Pinterest bord saamgestel as inspirasie vir hierdie fotosessie. Ek was so 'n bietjie bekommerd dat ek dalk nie vir haar sal kan gee wat sy graag wil hê nie, maar die slag het die weer perfek saamgespeel. Aanvanklik was dit redelik bewolk en ons kon pragtige sagte foto's kry, maar op die perfekte oomblik het die wolke begin opbreek en is ons bederf met 'n skouspelagtige sonsondergang en sjampagne gekleurde lig. As dit kom by strand foto's kan mens nie vra vir meer nie. En dan het ek boonop drie sulke oulike modelle ook gehad om mee te werk! Ek hoop julle hou so baie van die foto's soos ek!

May 27th, 2017|Couples Shoots, Family Shoots|0 Comments

De Villiers Gesin

Ek is mal oor hierdie foto's! Die warm herfskleure, Nanette se stunning hare wat perfek daarby pas, die oulikste seuntjie wat jy jou kan indink en 'n ma en pa wat super cool is en enige iets pret kan maak - waarvoor meer kan mens vra! Ek het vir Arjen afgeneem toe hy 'n pasgebore babatjie was en dit was so lekker om hom nou beter te leer ken. Ek sien so uit daarna om een van die dae sy sussie te ontmoet, want met sulke gene kan sy net pragtig en oulik wees! En boonop is sy op my verjaarsdag gebore! Ek hoop julle geniet die foto's net so baie soos ek. (Dis bietjie baie, want dit was moeilik om te kies en 'n paar agtereenvolgendes vertel die storie van wat op daai oomblik gebeur het so mooi dat ek eenvoudig almal moes opsit!)

May 15th, 2017|Family Shoots, Maternity Shoots|1 Comment

Wilsenach Gesin

'n Vrolike gesin wat die gloed van die laaste sonstrale saam op die strand geniet. 'n Babatjie wat vir alles uit sy maag uit lag. Dis mos nou genoeg om enige hart warm te maak en 'n glimlag op jou gesig te sit. Dit herinner ons aan wat regtig belangrik is tussendeur die dol gejaag in hierdie deurmekaar wêreld waarin ons leef. Geniet die foto's! 12437" />

April 2nd, 2017|Family Shoots|0 Comments

Botha Gesin

Soms ontmoet jy mense en jy weet net jy gaan nog 'n lang pad saam met hulle stap. Wat begin het as kuiertjies tussen ons kinders wat saam in die klas is, het nou al gegroei tot 'n wonderlike vriendskap tussen ons twee gesinne en ek sien uit na nog baie jare se saam lag en kuier! Die Botha's gryp elke dag aan leef voluit vir elke oomblik en dis sigbaar in al die foto's. Dit was heerlik om die middag saam met hulle in Vergelegen deur te bring en die gesinsoomblikke tussen hulle vas te vang. Geniet die foto's!

March 25th, 2017|Family Shoots|1 Comment

Du Toit Gesin

Philip en Carina het aan die begin van die jaar die Boland van hulle voete afgestof en Lichtenburg toe getrek agter 'n wonderlike nuwe werksgeleentheid aan. Ons het tydens die vakansie 'n paar foto's van hulle in Franskraal geneem. Baie strekte met die nuwe hoofstuk in julle lewens en mag dit uitdraai op 'n wonderlike avontuur!

December 31st, 2016|Family Shoots|0 Comments

Mostert Gesin

Ek het twee jaar gelede Liza en Eben se verrassingstroue in Elgin afgeneem en dit was so lekker om hulle nou weer te sien, nogsteeds stralend gelukkig saam! Die fotosessie saam met al hulle kinders was vet pret. Elkeen van hulle is lief vir 'n grappie en 'n bok vir sports. Hulle weet verseker hoe om die lewe te geniet en lag lekker maklik en baie saam. Dis was 'n vreugde om die middag saam met hulle deur te bring. Geniet die foto's!

December 12th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Viviers Gesin

Louwna werk op die Lourensford landgoed en aangesien die gesin ook daar woon wou hulle graag die foto's op die plaas neem. Dit was so 'n wonderlike voorreg om saam met hulle op die werkende plaas gedeelte te kon rondry wat ek andersins nooit te siene sou kry nie! Louis is die oulikste 3-jarige seuntjie met 'n borrelende persoonlikheid wat heeltyd geselsies maak en baie lief is vir hardloop. Hy het aan die begin van die fotosessie van 'n boomstomp afgespring en sy arm nerf-af geval op die grondpad. Dit moes brandseer wees, want hy was vir 'n rukkie vreeslik ontsteld en wou ten alle koste 'n pleister hê om die seer weg te vat (wat ons natuurlik nie byderhand gehad het nie!), maar kort daarna het hy 'n dapper glimlag opgediep en moedig voortgegaan met die fotosessie. Sonder om 'n ons van sy oulikgeit in te boet. Wat 'n [...]

November 6th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Vorster Gesin

Die twee pragtige kinders het volledig die verloop van hierdie fotosessie bepaal. Miskien moet ek hulle aanstel as voltydse assistente, want beter kon ek dit nie doen nie! Die Vorsters is kosbare vriende wat ons baie na aan die hart lê en die foto's is net presies hoe hulle altyd is. 'n Hegte gesin waar daar geen tekort aan liefde en waardering vir mekaar is nie. Wat lekker en baie saam kan lag en wat weet hoe om elke oomblik volluit te leef.

November 4th, 2016|Family Shoots|0 Comments

Cadi, Willem en Lauren

Cadi en Willem was vir jare beste vriende en nadat Willem haar vertel het van sy nuwe meisie het sy besluit dis nou of nooit en die moed bymekaar geskraap om vir hom te sê hoe sy regtig voel. Hulle trou vroeg volgende jaar en ek kan nie wag om die vreugdevolle dag saam met hulle deur te bring en af te neem nie. Cadi en Willem is duidelik bedoel vir mekaar en die liefde en aanvaarding tussen die drie is te pragtig!

October 22nd, 2016|Family Shoots|0 Comments

Moller Gesin

Dit is vir my so lekker om 'n pad saam met my kliënte te stap en om te sien hoe die kindertjies grootword. Dit is die vierde keer dat ek die wonderlike voorreg het om die pragtige gesin af te neem. Jakobus is gewoonlik 'n droom voor die kameras, maar die dag het die fotosessie sy middagslapie kortgeknip en hy was nie juis beïndruk daarmee nie. Gelukkig kon sy geliefde Thomas treintjie so nou en dan die trane stuit en ons kon nietemin pragtige foto's kry. Hy is van nature so 'n vriendelike en dierbare seuntjie mens sou nooit glo dat hy ongelukkig was as jy na die foto's kyk nie! Maar toe hy besluit hy het nou finaal genoeg gehad van die storie het hy in geen onseker terme sy waentjie beetgekry en teruggestap kar toe sonder om een keer om te kyk. Dankie dat ek julle weer kon [...]

September 4th, 2016|Family Shoots|0 Comments