Yearly Archives: 2013

/2013

Oliver’s Christening

Catherine has been living abroad for many years in some of the most amazing countries and is now married to a loving American husband. But, for their first born's Christening they chose to come to the picturesque Hemel-en-Aarde valley to celebrate this special occasion with friends and family. After a beautiful private ceremony, everyone sent Oliver their blessings by lighting a sparkle for him, because the wind was not allowing any candles to burn for longer than a few seconds! This however just added to the festive and joyous atmosphere of the day, which was rounded off by some great bubbly and a delectable spread for lunch. Thanks so much Catherine for choosing me to document this momentous occasion and treasured family gathering for you. I wish you all the best and hope that the photos does the day some justice!

December 18th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Niehaus Familie

Die Niehause is familie van goeie vriende van ons en dit was so lekker om hulle te ontmoet tydens hul onlangse besoek aan die Kaap. Hierdie fotosessie was weer een van daai waar als net perfek saamwerk en die mooiste foto's amper moeiteloos geskep word! Die twee pragtige dogtertjies met hulle spontane persoonlikhede en uitdrukkingsvolle gesiggies is enige fotograaf se droom! Karen, dankie dat jy my gevra het om jou gesin af te neem, dit was 'n groot voorreg!

December 17th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Loubser Gesin

Dis altyd vir my so lekker om goeie vriende af te neem, veral as die fotosessie sorg dat ons paaie na 'n lang tyd weer 'n slag kruis. Ek en Wilhelm het mekaar op Universiteit ontmoet en daarna nog gereeld saam gekuier, maar terwyl ons oorsee was is hy getroud en dit was die eerste keer dat ek sy pragtige vrou en twee dierbare seuntjies ontmoet. Ek hoop hierdie is weer die begin van nog baie kuiers saam. Dankie dat julle my gekies het om julle af te neem, dit was heerlik! Geniet die foto's!

December 16th, 2013|Family Shoots|1 Comment

Mollers

Ilze en Henk het onlangs uitgevind hulle verwag hulle eerste babatjie en wou 'n paar mooi foto's hê om die aankondiging aan vriende en familie te maak. Hulle is so 'n liefdevolle en prettige paartjie, hierdie babatjie is baie gelukkig om hulle as ouers te kry!

December 14th, 2013|Maternity Shoots|0 Comments

Coetzee Gesin

Dit was 'n absolute plesier en voorreg om die pragtige Coetzee gesin weer te kon afneem! Hulle is so spontaan en liefdevol, almal lag maklik en boonop is die kinders mal daaroor om afgeneem te word! Baie dankie vir 'n heerlike fotosessie. Ek hoop die oumas en oupas is mal oor hulle Kersgeskenk!

November 23rd, 2013|Family Shoots|0 Comments

Pierson Family

This cute little flower arranger is choc-full of personality! She was very dedicated to her floral arrangements during the shoot, but together with her sassy personality it created quite a good story board in the end! Thanks so much for letting me photograph your lovely family Karon. I hope you enjoy the pictures!

November 22nd, 2013|Family Shoots|1 Comment

Schoonwinkel gesin

Die Schoonwinkels het nog 'n pragtige seuntjie ryker geword sedert ek hulle in Maart afgeneem het en het foto's nodig gehad vir sy doop. Klein Benji is te oulik vir woorde en net so vriendelik en maklik om af te neem soos sy ouboet, alhoewel hy nie die slag so baie lus was vir foto's soos die vorige keer nie... Maar dis juis die spontaniteit en onvoorspelbaarheid van kinders wat dit vir my so lekker maak om hulle af te neem. Hulle is vir so 'n kort rukkie klein en ons as ouers probeer desperaat vasklou aan elke herinnering van hoe hulle lyk en wat hulle sê en doen. En net so is al die emosies wat hulle binne 'n uur kan deurwerk kosbare herinneringe! Baie baie dankie dat julle my weereens die vorige gegun het om julle te kon afneem. Ek waardeer dit geweldig baie!

November 14th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Jean van der Westhuizen

Dis die derde keer dat ek die voorreg het om die pragtige gesin af te neem en die slag het hulle 'n baba boetie ryker geword. Baie geluk, mag hy vir julle baie vreugde bring!!

November 4th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Frans Groenewald

Affluence is a free Lifestyle magazine that will be distributed in the Winelands area soon. They have asked me to come on board as photographer and I am very excited to see where this new partnership will lead us. For the first issue we did an interview with the extremely talented and sharp-witted Frans Groenewald at Lourensford Wine Estate where he has his studio. During our visit Frans was very relaxed and friendly, shared his favourite coffee with us and allowed us to take a few shots of him in and around his gorgeous workplace. Look out for the magazine to read more about this interesting and artistic man!

October 30th, 2013|Portrait Shoots|0 Comments

Leana en Lady

Ek het vir Leana ongeveer twee jaar terug ontmoet toe ons foto's geneem het vir die eerste Sarie voorbladgesig kompetisie. Sy het toe reeds met die grootste deernis vir my vertel van haar geliefde Husky, Lady. Ek was dus baie opgewonde toe sy my vra om foto's te neem van hulle twee saam. Sy het vir Lady ongeveer 6 jaar terug aangeneem en haar sodoende gered uit geweld en mishandeling en vir haar 'n nuwe kans op die lewe gegee. Sy help ook gereeld uit as vrywilliger by die Helderberg Dierewelsyn. Leana is duidelik baie lief vir diere en die band tussen haar en Lady is baie sterk. Dit was vir my 'n voorreg om die spesiale foto's te kon neem, dankie Leana!

October 14th, 2013|Portrait Shoots|0 Comments