Yearly Archives: 2013

/2013

Nel Familie

Hierdie foto's is pure lekkerte! Mens kan nie help om te glimlag terwyl jy daarna kyk nie. Amelia is net een bondeltjie vreugde! Sy het die dierbaarste, aansteeklikste laggie wat sonder enige moeite uit haar lyfie borrel! En daai wange vra mos om opgesoen te word! Ek het die foto's so geniet, dit was moeilik om net 'n paar uit te kies vir die blog. Sharon en Rudie, nogmaals dankie vir die wonderlike voorreg om julle te kon afneem. Dit was heerlik!

April 3rd, 2013|Family Shoots|2 Comments

Opperman/Schoonwinkel

Corrie Opperman en sy gesin woon in die Seychelles en met hul onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle sommer 'n hele spul familie bymekaar laat kom vir 'n heerlike wegbreek naweek in Greyton. Dis so 'n pragtige dorpie met die heerlikste eetplekkies en snuffel winkels dat ek ook sommer my ma genooi het om saam te ry en 'n uitstappie daarvan te maak voor die fotosessie! Corrie dit was regtig lekker om julle almal te ontmoet en die middag saam met julle deur te bring. Dankie dat julle vasgebyt het en deurgedruk het toe die kindertjies nie te alle tye so lekker wou saamwerk nie! ;-) Dit gaan maar dikwels so, maar ek is baie dankbaar dat ons op die ou end al die foto's kon kry wat ons wou hê. Dit was definitief die moeite werd! Geniet!

March 24th, 2013|Family Shoots|1 Comment

Van der Merwe Susters

“For there is no friend like a sister In calm or stormy weather; To cheer one on the tedious way, To fetch one if one goes astray, To lift one if one totters down, To strengthen whilst one stands” ― Christina Rossetti, Goblin Market and Other Poems

March 21st, 2013|Family Shoots|2 Comments

Daniël Serfontein

Klein Daniël is reeds die derde pasgebore babatjie wat ek die jaar afneem en al die "baby-candy" is genoeg om enige iemand broeis te maak! Sy ouers wou spesifiek meestal swart en wit foto's hê en ek is mal oor die sagtheid daarvan! Christiaan en Mariëtte, baie dankie vir die geleentheid om julle pragtige baba te kon afneem. Geniet elke oomblik van hierdie kosbare tyd!

March 17th, 2013|Newborn Shoots|0 Comments

Hoffman Familie

Dit was so lekker om die Hoffman gesin na twee jaar weer te sien en 'n groot voorreg om hulle 'n tweede keer te kon afneem. Dis wonderlik om te sien hoe die kindertjies grootword en ontwikkel. Hulle was deur die hele fotosessie stroopsoet en het so mooi saamgewerk. Dit was 'n fees om julle af te neem! Hoop julle geniet die foto's!

March 3rd, 2013|Family Shoots|0 Comments

Alexander Genis

Dit was so lekker om die pragtige gesinnetjie te ontmoet! Cindy en Heinrich is die mees natuurlike en ontspanne 'nuwe' ouers wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hulle is nog bloedjonk en dis so verfrissend om te sien hoe gemaklik en ontspanne hulle die babatjie met hope liefde en humor in hulle lewe verwelkom! En is klein Alexander nie net die pragtigste ou dingetjie nie! Geniet julle babatjie, ek is seker dit gaan nie te lank wees voor daar nog 'n paar klein voetjies op die plaas rondhardloop nie! Julle tweetjies gaan wonderlike ouers wees. Baie dankie vir die geleentheid om Alexander se eerste foto's te kon neem.

March 2nd, 2013|Newborn Shoots|0 Comments

Cullan Maree

Die Maree's is dierbare vriende en ons is saam met hulle dankbaar en opgewonde oor die nuwe seuntjie waarmee hulle onlangs geseën is. Afgesien van 'n goeie vriendin is Tanya ook 'n baie talentvolle fotograaf, en alhoewel dit vir my 'n geweldige groot eer en voorreg is om ander fotograwe af te neem, maak dit my altyd so 'n bietjie op my senuwees! Sy wou baie natuurlike foto's van hulle hê, so ons het besluit om al die foto's sommer binne in hulle slaapkamer te neem. Cullan is die dierbaarste, rustigste babatjie wat jy jou kan voorstel. Toe hy moeg raak het hy dood rustig dwarsdeur als geslaap. Die keer of wat wat ons hom te veel gesteur het, het hy ons sy ontevredenheid meegedeel en dan weer sonder moeite verder geslaap. Hoe geseënd kan mens wees! Hy het dit vir my so maklik gemaak, dat dit toe nou glad [...]

February 23rd, 2013|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments

Richardson Family

What a privilege it was to photograph this gorgeous family for a second time! Last year Jacqui was still pregnant with Maddox, so this time round things were a bit more chaotic and fun having two energetic boys around! We were also joined by Jacqui's parents, Steed's sister as well as his mother who's visiting from the UK. I'm just thankful that we actually managed to pull this one off despite the shoot happening at the end of a very full day for them celebrating Granpa's birthday, as well as sand slapping winds that threatened to destroy the kids and my camera! Luckily everyone remained in high spirits and it gave me the opportunity to capture the vibrant and fun-loving nature of these lovely people. Thanks to all of you! It's always such a pleasure working with you!

February 16th, 2013|Family Shoots|1 Comment

Aliki and Persian Rose

It would be an understatement to say that I was hugely excited about this shoot! Those of you who know me well, know that I absolutely adore horses and that they've always been a part of my life. So when Aliki's mom said she wanted photos of Aliki and her horse for her birthday, I literally did my happy dance! We spent a wonderful afternoon together at Broadlands and it was an absolute pleasure to meet and photograph the gorgeous Persian Rose. Please let me know what you think about these shots. I would love to do more of these!

February 2nd, 2013|Equine Shoots|7 Comments

Grobler Family

When looking through these pics you will definitely feel the love between these three. And apparently they have loads of fun together as well. As I was photographing the girls, dad entertained them with his famous 'I've-lost-my-marbles' dance. Unfortunately I was never quick enough to fling around and catch him in the act! And isn't Joshlyn the most beautiful girl? The camera just loved her!! Thanks so much for the opportunity Groblers, it was great meeting you!

January 19th, 2013|Family Shoots|0 Comments