Corrie Opperman en sy gesin woon in die Seychelles en met hul onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle sommer ‘n hele spul familie bymekaar laat kom vir ‘n heerlike wegbreek naweek in Greyton. Dis so ‘n pragtige dorpie met die heerlikste eetplekkies en snuffel winkels dat ek ook sommer my ma genooi het om saam te ry en ‘n uitstappie daarvan te maak voor die fotosessie! Corrie dit was regtig lekker om julle almal te ontmoet en die middag saam met julle deur te bring. Dankie dat julle vasgebyt het en deurgedruk het toe die kindertjies nie te alle tye so lekker wou saamwerk nie! 😉 Dit gaan maar dikwels so, maar ek is baie dankbaar dat ons op die ou end al die foto’s kon kry wat ons wou hê. Dit was definitief die moeite werd! Geniet!

March 24th, 2013|Family Shoots|1 Comment

One Comment

  1. Mari Erasmus July 25, 2013 at 1:05 am

    Helette,jou fotos is so mooi!en en ek kon nie glo om my ou grootwordmaat en my en Elani se flatmate BJ ook raak te sien nie!

Leave A Comment