Dis altyd vir my so lekker om goeie vriende af te neem, veral as die fotosessie sorg dat ons paaie na ‘n lang tyd weer ‘n slag kruis. Ek en Wilhelm het mekaar op Universiteit ontmoet en daarna nog gereeld saam gekuier, maar terwyl ons oorsee was is hy getroud en dit was die eerste keer dat ek sy pragtige vrou en twee dierbare seuntjies ontmoet. Ek hoop hierdie is weer die begin van nog baie kuiers saam. Dankie dat julle my gekies het om julle af te neem, dit was heerlik! Geniet die foto’s!
Dankie Helette. Dit is pragtig!