Sedert ek die pragtige Janine en Marcel afgeneem het terwyl hulle vir Mile verwag het, het ek gebrand van nuuskierigheid om die nuwe mensie te ontmoet. En dit was definitief die wag werd, want die meisie het net soveel persoonlikheid as “looks” gekry! Sy wou nie juis veel weet van slaap nie en het net rustig geraak as haar mamma en pappa haar handjies styf vashou. Dis te dierbaar! Terwyl sy wakker was het sy daai kleine lyfie so gewikkel en woel dat ek die kostelikste gesiguidrukkings kon afneem. Geniet julle lieflike dogtertjie, ek is seker sy gaan julle nog ure se vermaak en tonne plesier verskaf!

May 19th, 2012|Newborn Shoots|3 Comments

3 Comments

  1. Phia June 7, 2012 at 8:06 am

    Pragtig, en daai kleine lyfie raak SO vinnig groot!

  2. Janine Fourie June 11, 2012 at 12:14 am

    Helette, ek kan nie glo hoe stunningly mooi die fotos is nie, ek is sommer in trane! Jy het haar persoonlikheidtjie so mooi ‘gecapture’ : )

    So baie baie dankie, jy is amazing!

    Janine

  3. Karin Fourie June 11, 2012 at 6:37 am

    Dis ongelooflike mooi foto’s! Weet nie watter is die mooiste nie.

Leave A Comment