Dit was ‘n eerste vir my toe Shaun my kontak en se dat hulle graag gesinsfoto’s wil laat neem in ‘n park in Junie – met ‘n 3 weke oue baba! Hy het my oortuig dat dit nie ‘n probleem sal wees nie en dat hulle nuwe Bou Bulletjie boonop baie taai is! Gelukkig het die weer saam gespeel en die afgesproke dag was ‘n perfekte, heerlike warm, windstil wintersdag soos net die Boland dit kan optower. Ek hoop julle geniet die foto’s net so baie soos wat ek geniet het om dit te neem, en mag daai Blou Bul en sy trotse sussie vir julle nog baie vreugde bring!
Helette,
Sjoe, die foto’s is omtrent mooi. Kan nie wag om die res te sien nie. Ons sê vir jou baie dankie. Ek’s nie een vir foto’s nie, maar jy het ons gemaklik laat voel en die foto’s het vanself gekom, sonder dat mens regtig hoef te “pose”. Jy is great en weereens, baie dankie.
Ek is so opgewonde om die ander foto’s te sien, ek kan nie wag nie. Baie dankie vir die mooi foto’s dit was wonderlik om daardie uur saam met jou te spandeer. Sal jou binne kort weer sien!
Baie baie dankie 🙂
What a beautiful family….
The best wishes from germany.
Richard & Steffi & Sabine & Thomas
Pragtige foto’s en pragtige gesin.
Baie mooi fotos van ń baie mooi gesinnetjie!!!
Lovely photographs of you all, congratulations on your new arrival. Love and very best wishes from us all in England!