Yearly Archives: 2015

/2015

Burger Familie

Ek is so dankbaar dat ek uiteindelik die pragtige gesin kon afneem! Ek en Martine was saam op skool in Stellenbosch, maar hulle woon tans in Upington. Sedert 2011 probeer ek en sy bymekaar uitkom om geseinsfoto's te neem, en ten spyte van baie kreatiewe reelings het ons dit nou eers reggekry! Martine, dit was heerlik om die middag saam met julle deur te bring en julle kan met reg trots wees op julle pragtige kindertjies!

December 21st, 2015|Family Shoots|0 Comments

Reynier en Natasha

Die troue van Natasha en Reynier was 'n absolute fees vir die oog. Reynier werk by Fruitways in Elgin en die twee het besluit dat die Eykenhof Dam die perfekte plek vir hulle troue sal wees, maar daar was niks. Nie eers elektrisiteit nie. Hulle het kratte gebruik om 'n leë stuk sementblad in 'n lokaal te omskep, pale geplant en honderde liggies gehang. Natasha se ma het die servette gemaak en plekke is aangewys met appels wat hulle goud gespuit het en elke gas se naam is in hout uitgesny. Die res van die meubels, kiste, hoedbokse en versierings wat gebruik is in die ekstra sitruimte wat geskep is kom als uit hulle huis. Dis fantasties hoe hulle die omgewing gebruik het as inspirasie vir die dekor en sodoende 'n pragtige, uitsers stylvolle troue geskep het sonder om die bank te breek. Selfs vir die konfetti is dieselfde fyn [...]

December 19th, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Fronzek Family

The Fronzek's spent their December holidays in South Africa with their super adorable twins and wanted some family photos to take back home to Germany. What a beautiful, loving family!

December 17th, 2015|Family Shoots|0 Comments

Werner and Bronwyn

Werner and Bronwyn have a beautiful love story. They met in 2009, it was love at first sight and they have been together ever since. In January I had the privilege to photograph their actual surprise engagement and it was such an honour for me to be a part of their journey until they got married on the 3rd of December. You don't have to be in the company of these two for too long before realising that they are best friends, soul mates even, and that they love each other tenderly and unconditionally. They are just perfect together and that made this wedding absolutely beautiful. I hope these photos does it some justice! I have to give a huge thank you to Angelique Smith Photography who was my wing-girl for the day. She was there the whole day to support me (and my 7 month pregnant belly!) in every [...]

December 3rd, 2015|Wedding Shoots|1 Comment

Cadi-Lee en Lauren

Was dit nou nie 'n lekker shoot nie! Die skattige dogtertjie en haar ma het 'n pragtige verhouding en is duidelik baie erg oor mekaar. Lauren is 'n bondel energie en al het ek aanvanklik gedink die mooi rooikoppie is 'n regte dame is ek mal daaroor dat sy my totaal verkeerd bewys het. Sy het rondgehardloop, in bome geklouter, met stokke in die water gespeel en later selfs haar ma oortuig om in te kom vir 'n water geveg. Cadi, baie dankie dat julle my gevra het om julle af te neem, ek hoop julle geniet die foto's so baie soos ek!

November 22nd, 2015|Family Shoots|0 Comments

Moore Family

It was so wonderful to see this beautiful Canadian family again. I photographed them 4 years ago when they lived here for a year to study. This year they returned for a few months to add a gorgeous little girl to the family! It is so precious to see how unconditionally the boys love her and how protective they are. We spent a lovely evening on the beach together and a real privilege to photograph them again. Enjoy these love filled photos! >

October 31st, 2015|Family Shoots|0 Comments

Jouke Verjaar!

Hierdie skattige dogtertjie het onlangs haar eerste verjaarsdag met groot feestelikheid gevier! Dis duidelik dat sy binne 'n jaar met haar rustige, dierbare geaardheid sommer diep in almal se harte ingekruip het. Baie geluk Jouke, mag daar nog baie jare vol van voorspoed en geluk op jou wag!

October 31st, 2015|Events|0 Comments

Reünie by Vergelegen

Universiteit Vrystaat se mediese klas van 1994 is deesdae reg oor die wêreld versprei en tog, toe hulle 'n plek moes kies vir hule 20 jaar reünie het die oorgrote meerderheid vir die Wynland gestem. Stables Restaurant by Vergelegen was die perfekte plek om die gesellige wedersiens te huisves en die Boland het die gaste bederf met die allermooiste aand. Dit was 'n aand vol lag en gesels en jare se opvang, en van waar ek gestaan het, het dit gelyk asof die geleentheid 'n reuse sukses was!

October 3rd, 2015|Events|0 Comments

Haman Gesin

Dit was so 'n wonderlike voorreg om die Haman gesin te kon afneem! Tanya en Marius het my destyds gevra om hulle troue af te neem, maar ek kon nie omdat ek toe hoogswanger was met ons dogtertjie. En nou het ek die geleentheid gekry om hulle pragtige seuntjie te kon ontmoet! Hulle het vir sy eerste verjaarsdag in Stellenbosch by oupa en ouma kom kuier en dit goed gedink om 'n fotosessie te doen om die geleentheid te vier. Die Botaniese tuine in Stellenbosch is altyd 'n lushof en ons het 'n heerlike lente oggend daar deurgebring. Geniet die foto's!

October 2nd, 2015|Family Shoots|0 Comments

Stanley en Heleen

Stanley en Heleen se troue was 'n pragtige intieme aangeleentheid by Haute Cabriere op 'n lieflike sonskyndag in Franschhoek. Stanley het behoorlik gestraal van trots oor sy pragtige bruid en kon beswaarlik ophou glimlag die hele dag lank! Heleen het beeldskoon gelyk en ek is mal daaroor hoe sy haar eie persoonlikheid laat deurkom het deur 'n paar parmantige rooi stewels by haar klassieke kant trourok aan te trek. Stanley en Heleen, dit was vir my 'n groot voorreg om julle troue te kon afneem en te oordeel aan hoe julle twee saam is en al die ongelooflike toesprake oor julle en beide julle ouerpare, is julle twee absoluut gemaak vir mekaar. Die pad lê oop voor julle, gereed om aangegryp te word. Alles wat mooi is vir julle toekoms saam!

September 19th, 2015|Wedding Shoots|0 Comments