Die Smit gesin het onlangs ‘n pragtige seuntjie ryker geword. Dis vir my so mooi hoe hulle met absolute verwondering en harte wat oorloop van liefde na hom kyk. Hy het die sagste ou lyfie wat mens net wil vasdruk en daai bekkie wat hy so tuit is net opvreetbaar! Geen wonder hy word gesoen op amper elke foto nie! Hoop julle geniet die foto’s so baie soos ek! 😉
Leave A Comment