Family Shoots

/Family Shoots

Wilson Family

It was a feast photographing this beautiful blue-eyed family! Blake is just a happy, happy little boy full of smiles. His mom wants to use one of these photos to enter him in 'n Pampers competition, and with all this cuteness he's got going on, he's a clear winner to me! Hope you enjoy these!

May 19th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Van der Westhuizens

Dis so lekker om te deel in die vreugde van 'n nuwe babatjie wat oppad is, veral as die mamma 'n goeie vriendin is. Ek kan nie wag om vir boetie Juan te ontmoet nie. Geniet die laaste paar dae van jou swangerskap Adeline, jy lyk pragtig!

May 15th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Richard Family

The Richards are relocating to the UK later this year and wanted some family portraits taken at Vergelegen to take with and remember South Africa by. When you are blessed with exotically beautiful clients like these and a gorgeous location, beautiful photographs happens almost by itself! Love my job. :-)

April 27th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Carson Family

Simone contacted me to have some pictures taken of them as a family before Kayla's first birthday. When they arrived at the park and I saw this tiny sweet little girl on her daddy's arm, but as soon as he put her down she took off like a rocket! Being picked up was ok as long as she got jostled around, but other than that she just wanted to be on the ground crawling at the speed of light. And the next moment she got up and walked around as if she's been doing it for years! What a happy, friendly and energetic little bundle of dynamite! I loved every minute if this shoot!

April 21st, 2013|Family Shoots|0 Comments

Weyers Familie

Ek ken vir San-Louise van Universiteit af en aangesien hulle nou in Johannesburg woon was dit 'n groot bederf om 'n fotosessie saam met hulle te doen tydens 'n vinnige besoek aan die Kaap. San-Louise en Stephanus is al saam sedert ons Universiteitsdae en nou, getroud en twee pragtige kindertjies later, is hulle nog net so verlief soos altyd! Hulle is so 'n pragtige, liefdevolle gesin en daar was soveel mooi oomblikke tussen hulle dat dit moeilik was om net 'n paar foto's te kies vir hierdie post. Hoop julle geniet die so baie soos ek! ;-)

April 19th, 2013|Family Shoots|0 Comments

Nel Familie

Hierdie foto's is pure lekkerte! Mens kan nie help om te glimlag terwyl jy daarna kyk nie. Amelia is net een bondeltjie vreugde! Sy het die dierbaarste, aansteeklikste laggie wat sonder enige moeite uit haar lyfie borrel! En daai wange vra mos om opgesoen te word! Ek het die foto's so geniet, dit was moeilik om net 'n paar uit te kies vir die blog. Sharon en Rudie, nogmaals dankie vir die wonderlike voorreg om julle te kon afneem. Dit was heerlik!

April 3rd, 2013|Family Shoots|2 Comments

Opperman/Schoonwinkel

Corrie Opperman en sy gesin woon in die Seychelles en met hul onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle sommer 'n hele spul familie bymekaar laat kom vir 'n heerlike wegbreek naweek in Greyton. Dis so 'n pragtige dorpie met die heerlikste eetplekkies en snuffel winkels dat ek ook sommer my ma genooi het om saam te ry en 'n uitstappie daarvan te maak voor die fotosessie! Corrie dit was regtig lekker om julle almal te ontmoet en die middag saam met julle deur te bring. Dankie dat julle vasgebyt het en deurgedruk het toe die kindertjies nie te alle tye so lekker wou saamwerk nie! ;-) Dit gaan maar dikwels so, maar ek is baie dankbaar dat ons op die ou end al die foto's kon kry wat ons wou hê. Dit was definitief die moeite werd! Geniet!

March 24th, 2013|Family Shoots|1 Comment

Van der Merwe Susters

“For there is no friend like a sister In calm or stormy weather; To cheer one on the tedious way, To fetch one if one goes astray, To lift one if one totters down, To strengthen whilst one stands” ― Christina Rossetti, Goblin Market and Other Poems

March 21st, 2013|Family Shoots|2 Comments

Hoffman Familie

Dit was so lekker om die Hoffman gesin na twee jaar weer te sien en 'n groot voorreg om hulle 'n tweede keer te kon afneem. Dis wonderlik om te sien hoe die kindertjies grootword en ontwikkel. Hulle was deur die hele fotosessie stroopsoet en het so mooi saamgewerk. Dit was 'n fees om julle af te neem! Hoop julle geniet die foto's!

March 3rd, 2013|Family Shoots|0 Comments

Cullan Maree

Die Maree's is dierbare vriende en ons is saam met hulle dankbaar en opgewonde oor die nuwe seuntjie waarmee hulle onlangs geseën is. Afgesien van 'n goeie vriendin is Tanya ook 'n baie talentvolle fotograaf, en alhoewel dit vir my 'n geweldige groot eer en voorreg is om ander fotograwe af te neem, maak dit my altyd so 'n bietjie op my senuwees! Sy wou baie natuurlike foto's van hulle hê, so ons het besluit om al die foto's sommer binne in hulle slaapkamer te neem. Cullan is die dierbaarste, rustigste babatjie wat jy jou kan voorstel. Toe hy moeg raak het hy dood rustig dwarsdeur als geslaap. Die keer of wat wat ons hom te veel gesteur het, het hy ons sy ontevredenheid meegedeel en dan weer sonder moeite verder geslaap. Hoe geseënd kan mens wees! Hy het dit vir my so maklik gemaak, dat dit toe nou glad [...]

February 23rd, 2013|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments