Family Shoots

/Family Shoots

Van der Westhuizen

My seuntjie Ben was nog nie 'n jaar oud nie toe hy die eerste keer vir Ava in 'n TopTots klassie gewaar. Hy het hom nie juis aan die ander kindertjies gesteur nie, maar vir Ava het hy drukkies en soentjies uitgedeel met elke kans wat hy kon kry. En mens kon dadelik sien hoekom! Sedertdien het ek en Adeline goeie vriendinne geword. Ek was so opgewonde toe sy my meedeel dat hulle graag familie foto's wil laat neem, want ek sien lankal daarna uit om die porseleinpoppie voor die lens te kry. Die tydsberekening was perfek, want met Ava se leliewit velletjie het die sagte herfskleure die ideale sprokiesagtige agtergrond geskep. Dit was 'n fees om die pragtige gesin af te neem!

May 13th, 2012|Family Shoots|5 Comments

Skinner Family

The Skinner's are a gorgeous blue-eyed family who just became another (very handsome!) little member richer. The weather was rainy and gloomy all week long so we've decided to do the shoot in the comfort of their own home so that we disrupt the baby as little as possible. Everytime I do a newborn shoot and look at this tiny but perfect new human being I am once again in awe at the wonder of creation. I love my job! Hope you enjoy the photos as much as I did taking them.

May 5th, 2012|Family Shoots, Newborn Shoots|4 Comments

Lisa Du Toit

Die Du Toit's is nie familie van ons nie, maar wel dierbare vriende al vir baie jare. Hulle is die trotse ouers van 'n pragtige blinkoog en besige twee-jarige dogtertjie, Lisa. Dit was heerlik om 'n perfekte Bolandse oggend saam met die drie in die natuurtuin deur te bring. Lisa het heerlik gespeel en met al die liefde tussen hulle was dit maklik om mooi foto's te neem. Dit was veral mooi om die verhouding en interaksie tussen haar en haar pa dop te hou. Hy is definitief haar groot held op die stadium - presies soos dit moet wees!

April 12th, 2012|Family Shoots|5 Comments

Richardsons and Family

I met Steed last year during a portrait session for his kettle bell training, and what a delight it was to meet the rest of his family! His gorgeous wife Jacqui is pregnant with their second son, and with her sister visiting from the States it was the perfect opportunity for them to have an all-in-one photoshoot. The challenge was to find a time that suited both their babies and mine, so we ended with a midmorning meet-up with less than ideal lighting conditions, and (depsite all the planning) one tired little man. But we had to make it work! Ryder was such a brave guy, everyone did their absolute best to keep him happy and get him to smile, and he gave his best until the tiredness simply won the battle and all he wanted was one of Aiden's dummies. Even though we always want pictures of perfectly happy [...]

January 7th, 2012|Family Shoots|2 Comments

Moller/Fourie Familie

Ek kon nie vra vir 'n beter fotosessie om die nuwe jaar mee af te skop nie! Ilze-Mare het my gevra om foto's te neem van haar en haar man saam met haar ouers en broers en susters. Hulle woon almal verspreid oor die land en dis duidelik dat hulle absoluut die meeste maak van elke oomblik wat hulle almal saam kan wees. Dis net 'n plesier om sulke vriendelike en vreugdevolle mense af te neem wat oorloop van die lewenslus! Dankie vir die geleentheid, dit was 'n voorreg om julle af te neem en 'n tydjie saam met julle te spandeer. Alles van die beste vir 2012!

December 18th, 2011|Family Shoots|3 Comments

Maree Familie

Ek en Tanya was saam op hoërskool en in die koshuis, maar het kontak verloor tot ons mekaar amper twee jaar gelede weer raakgeloop het en uitgevind het dat ons nou altwee fotograwe is. Boonop verskil ons seuntjies net 5 maande en het intussen beste maatjies geword. Ons beide het familiefoto's nodig gehad en besluit om een Saterdag sommer altwee sessies gelyk af te handel. Ons en ons gesinne is na 'n park naby ons huis en ek en sy het letterlik gelyk model en fotograaf gespeel afhangende van wie se kind wanneer bereid was om saam te werk of eerder klilppies in die rivier wou gooi! Ek moet sê, ek was elke keer maar te dankbaar om agter die lens te kon inskuif en het nou weer opnuut begrip en waardering vir my kliënte wat nie daarvan hou om afgeneem te word nie. Die was definitief een van die [...]

September 4th, 2011|Family Shoots|7 Comments

Moore Family

Wesley and Karyne Moore decided to give up Canada for a year to study in South Africa. Their stay here is coming to an end in a few months and they wanted some family photos to celebrate this wonderful opportunity. Other than calling it home for a year, their bond with our beautiful country is much deeper and more permanent than that, seeing that they adopted their oldest son from the Eastern Cape a few years ago. They are a delightful, warm family with tons of love going around between the four of them and I wish them many happy returns to South Africa!

August 2nd, 2011|Family Shoots|4 Comments

Kotze Familie

Ek en Liz-Marie het mekaar destyds as regstudente op Stellenbosch leer ken, en dis haar notas wat my soms ure se swottyd gespaar het! Soos die jare aanstap word haar vriendskap vir my net meer en meer kosbaar - sy's 'n wonderlike, opregte vriendin. Sy en Pieter woon ongelukkig tans in Londen, so ons sien hulle net hopeloos te min. Met hulle mees onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle vir klien Philip gedoop en my gevra om 'n paar familie foto's te neem. Ek was baie opgewonde, want dit beteken ek kon 'n ekstra tydjie saam met haar en haar familie deurbring! Na 5 jaar in die VSA weet ek alte goed hoe dun gesprei jou tyd is as jy in Suid-Afrika kom kuier. Hulle kon ook nie vra vir beter tydsberekening nie, want hulle besoek, die doop en fotosessie het net mooi in die middel van die vreemde somersweer [...]

July 9th, 2011|Family Shoots|2 Comments

Louw Familie

Wat 'n wonderlike, liefdevolle familie! Ek moes net omtrent bontstaan om by te hou by die energievlak van die twee klein mannetjies. Jean-Pierre en Robert is twee volbloed seuntjies. Hulle sit of staan nie vir 'n oomblik stil nie, terg mekaar, wys vir mekaar hulle spiere en alle drukkies ontaard binne oomblikke in 'n rugby-vasvat! Maar 'n tekort aan liefde is daar definitief nie in die gesin nie, en die drie manne is veral baie erg oor die ma van die huis - sy is deurentyd oorval deur die soene! Wat 'n voorreg. En asof dit nie genoeg is nie het daar teen die einde van die fotosessie 'n pragtige klein Labrador hondjie verbygeloop en hy en die seuns kon mekaar wedersyds nie weerstaan nie! Te oulik vir woorde... Laat mens net weer opnuut besef familie kom eerste. Kinders wat grootword in 'n huis vol liefde, dissipline en ondersteuning is [...]

May 17th, 2011|Family Shoots|0 Comments

Elli’s Christening

I was so very privileged to be a part of this amazing and intimate private family affair. Louise and Hilton's close family came from all over the Western Cape to witness their little girl's christening. Even Hilton's 84 year old dad managed to attend. All of this happened on one of the most perfect autumn days in Hermanus. The minister of the United Church met them after the regular Sunday morning service and performed the ceremony with only the family present. Elli was absolutely the star of her own show, staring at the Minister the whole time as if hanging on his every word - even laughing at the right moments! He gave her a proper dousing but she came out happy and laughing. Just too adorable. Afterwards we went to the Fernkloof Nature Reserve to take a few family photographs to record this special occasion of having everyone together [...]

May 1st, 2011|Family Shoots|5 Comments