De Beer Familie
Corne het my aanvanklik gekontak vir 'n kwotasie vir kommersiële foto's vir die bestuur van hul maatskappy, maar toe besluit om solank familie foto's ook te laat neem. Per toeval stel ons toe vas dat sy my pa en broer goed ken deur besigheid en dit was vir my heerlik om self ook vir haar en haar familie te leer ken. Hulle is die wonderlikste, liefdevolste ne saggeaardste mense wat jy jou kan voorstel! En die twee seuntjies is net te pragtig vir woorde!!! Dit was heerlik om 'n Saterdag oggend saam met julle te kon deurbring, dankie!