Die Du Toit’s is nie familie van ons nie, maar wel dierbare vriende al vir baie jare. Hulle is die trotse ouers van ‘n pragtige blinkoog en besige twee-jarige dogtertjie, Lisa. Dit was heerlik om ‘n perfekte Bolandse oggend saam met die drie in die natuurtuin deur te bring. Lisa het heerlik gespeel en met al die liefde tussen hulle was dit maklik om mooi foto’s te neem. Dit was veral mooi om die verhouding en interaksie tussen haar en haar pa dop te hou. Hy is definitief haar groot held op die stadium – presies soos dit moet wees!
Dit is fantastiese fotos. Johann, Ansoné en Lisa lyk so gemaklik en pragtig – kan nie wag om die res te sien.
Dis regtig baie besondere foto’s. Lisa is ‘n gelukkige kind om sulke oulike ouers te hê wat haar so vriendelik, mooi en geborge laat wees!
HI julle, dit is sooo-sooo mooi!! Julle klein engeltjie is so ‘n mooie engeltjie en dis so lekker om te sien hoe sy straal!! Well done Helette!!
wonderlike foto,s almal lyk so pragtig en gelukkig.
ek kan sien dat die fotograaf ook van die beste is,
Sjoe dis regtig vreeslike mooi foto’s! Dis nice om te sien die fotograaf kan almal gemaklik laat voel voor die kamera en mens kan sien hulle het dit geniet!