Ek ken vir San-Louise van Universiteit af en aangesien hulle nou in Johannesburg woon was dit ‘n groot bederf om ‘n fotosessie saam met hulle te doen tydens ‘n vinnige besoek aan die Kaap. San-Louise en Stephanus is al saam sedert ons Universiteitsdae en nou, getroud en twee pragtige kindertjies later, is hulle nog net so verlief soos altyd! Hulle is so ‘n pragtige, liefdevolle gesin en daar was soveel mooi oomblikke tussen hulle dat dit moeilik was om net ‘n paar foto’s te kies vir hierdie post. Hoop julle geniet die so baie soos ek! 😉
Leave A Comment