Rudie en Sharon se pragtige prinsessie is hier! Al het Amelia nie juis slaap-planne gehad tydens die fotosessie nie, is hierdie foto’s suiwer “baby-candy” en mens wil daai perfekte babalyfie net vasdruk en opsoen! Baie geluk met julle pragtige dogtertjie en dankie vir die voorreg dat ek julle eerste gesinsfoto’s kon neem. Geniet haar elke oomblik van elke dag! Ek is seker sy gaan vir julle eindelose vreugde en liefde bring. Julle gaan wonderlike ouers wees!
Rudi, Sharon ~ julle is Rolmodel ouers ~ die liefde straal uit elkeen se oe uit. Amelia is in die beste hand ooit, oorhandig deur die Beste Hande, ons Skepper ~ suiwer liefde <3<3<3
‘n Mens kan nie anders as om hande in die lug te steek in suiwer aanbidding en lofprysing tot ons Vader wat soveel genade in die vorming van pragtige Amelia en haar pragtige mamma en pappa uitgestort het nie!!
Geniet elke oomblik saam met jul fraaie poplap, sy is inderdaad opvreetbaar!
Sjoe, dis die mooiste foto’s! Ek bid dat NET goedheid en guns vir jul as gesin sal volg – elke dag van jul lewens! In Hebreeus beteken die vers in Psalm 23 letterlik: “surely goodness and mercy will pursue you and hunt you down”. Geniet elke oomblik saam 🙂