Leandrie en Kenneth woon in Gauteng, maar het besluit om die knoop deur te haak in die pragtige Nuy Vallei by . Hulle troue was ‘n samekoms van intieme vriende en familielede en die feesvieringe het oor die hele naweek gestrek. Dis duidelik dat die twee elk ‘n baie spesiale plekkie in almal wat daar was se harte het. Alhoewel dit redelik koud was, was dit ‘n lieflike sonskyndag en die heldergroen en pers dekor het alles verder opgevrolik. Leandrie het absoluut asemrowend gelyk in daai fantastiese rok! Baie dankie dat julle my vertrou het om julle spesiale dag vas te vang. Ek hoop julle geniet die foto’s!
Leave A Comment