Martin en Hannelie het Kaap toe gekom vanaf Gauteng om hulle huweliksherdenking hier te vier. Hulle het in ‘n kothuis op die pragtige Haskell Wynlandgoed tuisgegaan en ons het die foto’s sommer net daar geneem. Die wingerde en asemrowende sonsondergang het gesorg vir die perfekte plek om hulle spesiale herinneringe en ervarings van die mooiste Kaap vas te vang. Baie dankie dat julle my gevra het om julle af te neem. Ek het die middag saam met julle vreeslik geniet!


















Leave A Comment