Newborn Shoots

/Newborn Shoots

Alexander Genis

Dit was so lekker om die pragtige gesinnetjie te ontmoet! Cindy en Heinrich is die mees natuurlike en ontspanne 'nuwe' ouers wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hulle is nog bloedjonk en dis so verfrissend om te sien hoe gemaklik en ontspanne hulle die babatjie met hope liefde en humor in hulle lewe verwelkom! En is klein Alexander nie net die pragtigste ou dingetjie nie! Geniet julle babatjie, ek is seker dit gaan nie te lank wees voor daar nog 'n paar klein voetjies op die plaas rondhardloop nie! Julle tweetjies gaan wonderlike ouers wees. Baie dankie vir die geleentheid om Alexander se eerste foto's te kon neem.

March 2nd, 2013|Newborn Shoots|0 Comments

Cullan Maree

Die Maree's is dierbare vriende en ons is saam met hulle dankbaar en opgewonde oor die nuwe seuntjie waarmee hulle onlangs geseën is. Afgesien van 'n goeie vriendin is Tanya ook 'n baie talentvolle fotograaf, en alhoewel dit vir my 'n geweldige groot eer en voorreg is om ander fotograwe af te neem, maak dit my altyd so 'n bietjie op my senuwees! Sy wou baie natuurlike foto's van hulle hê, so ons het besluit om al die foto's sommer binne in hulle slaapkamer te neem. Cullan is die dierbaarste, rustigste babatjie wat jy jou kan voorstel. Toe hy moeg raak het hy dood rustig dwarsdeur als geslaap. Die keer of wat wat ons hom te veel gesteur het, het hy ons sy ontevredenheid meegedeel en dan weer sonder moeite verder geslaap. Hoe geseënd kan mens wees! Hy het dit vir my so maklik gemaak, dat dit toe nou glad [...]

February 23rd, 2013|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments

Amelia Nel

Rudie en Sharon se pragtige prinsessie is hier! Al het Amelia nie juis slaap-planne gehad tydens die fotosessie nie, is hierdie foto's suiwer "baby-candy" en mens wil daai perfekte babalyfie net vasdruk en opsoen! Baie geluk met julle pragtige dogtertjie en dankie vir die voorreg dat ek julle eerste gesinsfoto's kon neem. Geniet haar elke oomblik van elke dag! Ek is seker sy gaan vir julle eindelose vreugde en liefde bring. Julle gaan wonderlike ouers wees!

August 12th, 2012|Newborn Shoots|3 Comments

Mile Christi Fourie

Sedert ek die pragtige Janine en Marcel afgeneem het terwyl hulle vir Mile verwag het, het ek gebrand van nuuskierigheid om die nuwe mensie te ontmoet. En dit was definitief die wag werd, want die meisie het net soveel persoonlikheid as "looks" gekry! Sy wou nie juis veel weet van slaap nie en het net rustig geraak as haar mamma en pappa haar handjies styf vashou. Dis te dierbaar! Terwyl sy wakker was het sy daai kleine lyfie so gewikkel en woel dat ek die kostelikste gesiguidrukkings kon afneem. Geniet julle lieflike dogtertjie, ek is seker sy gaan julle nog ure se vermaak en tonne plesier verskaf!

May 19th, 2012|Newborn Shoots|3 Comments

Skinner Family

The Skinner's are a gorgeous blue-eyed family who just became another (very handsome!) little member richer. The weather was rainy and gloomy all week long so we've decided to do the shoot in the comfort of their own home so that we disrupt the baby as little as possible. Everytime I do a newborn shoot and look at this tiny but perfect new human being I am once again in awe at the wonder of creation. I love my job! Hope you enjoy the photos as much as I did taking them.

May 5th, 2012|Family Shoots, Newborn Shoots|4 Comments

Judy du Toit

Ons familie het onlangs 'n pragtige babadogtertjie ryker geword. Ek het een Saterdagoggend bietjie by my skoonsussie gaan kuier en 'n paar foto's van haar en haar derde dogtertjie geneem. Ek verwonder my altyd aan die volmaaktheid en onskuld van sulke pasgebore babatjies. Dit bly darem maar net een van die grootste wonderwerke en voorregte wat aan ons geskenk word om te geniet. Daarna het ons twee gesinne en my skoonouers 'n heerlike middagete-piekniek aan mekaar geslaan en heerlik gekuier. Welkom in die familie Judy!

August 27th, 2011|Newborn Shoots|2 Comments

Jana Potgieter

Wat 'n wonderlike voorreg om vir klein Jana te kon ontmoet en afneem! Nadat ek vir Gerhard en Janien ontmoet het tydens die neem van hul swangerskap foto's was hulle so opgewonde oor die koms van hulle dogtertjie dat ek self begin uitsien het na haar koms. En is sy nie die pragtigste ou babatjie nie! Stroopsoet en doodrustig, nes haar ouers. Mag sy vir julle nog baie jare se vreugde en geluk bring!

November 2nd, 2010|Newborn Shoots|0 Comments

Ava Coetzee

Jean en Elonya het nog 'n pragtige dogtertjie ryker geword en ek was so bevoorreg om vir Ava ook te kon afneem. Sy is die rustigheid vanself en dit was 'n absolute plesier om so 'n geborge en tevrede pasgebore babatjie te kon afneem. Dit laat my altyd in verwondering oor God se grootheid as ek so van aangesig tot aangesig een van Sy grootste wonderwerke aanskou...

September 9th, 2010|Newborn Shoots|2 Comments