Maternity Shoots

/Maternity Shoots

Leandra en Wian

Leandra en Wian is twee sulke gemaklike, vriendelike en warm mense, 'n paar minute na ek hulle ontmoet het het hulle reeds soos ou vriende gevoel! Hulle is so pragtig saam en so verlief, dit was 'n fees om hulle af te neem. Ek kan nie wag om die beeldskone klein Leah te ontmoet nie! Dankie dat ek die spesiale tyd in julle lewe kon vasvang, ek hoop julle geniet dit foto's!

May 3rd, 2014|Maternity Shoots|0 Comments

Franci en Craig

Franci en Craig is 'n pragtige paartjie en so gemaklik in mekaar se geselskap dat hulle baie gou dood natuurlik voor my lens was. Dit het my die voorreg gegun om elke emosie en spesiale oomblikkie tussen hulle werklik te kon vasvang. Hulle liefde vir mekaar straal uit elke foto en die sagtheid en teerheid wat daarmee saamgaan maak dit ekstra mooi. Hierdie dogtertjie is voorwaar gelukkig om die twee vir ouers te kry en in soveel liefde ontvang te word!

April 12th, 2014|Maternity Shoots|0 Comments

Mollers

Ilze en Henk het onlangs uitgevind hulle verwag hulle eerste babatjie en wou 'n paar mooi foto's hê om die aankondiging aan vriende en familie te maak. Hulle is so 'n liefdevolle en prettige paartjie, hierdie babatjie is baie gelukkig om hulle as ouers te kry!

December 14th, 2013|Maternity Shoots|0 Comments

De Villiers Maternity

I met this loving couple on a glorious balmy winter afternoon (one of only few we've seem to have had lately)! They are super excited about the arrival of their miracle baby and she is going to be so blessed to have these two wonderful people as parents. This session was at the same time so much fun and very special, complete with a beautiful sunset as a perfect ending. Thanks Sara and Jean, I can't wait to meet your little girl!

August 24th, 2013|Maternity Shoots|0 Comments

Sharon en Rudie

Dit was so lekker om vir Rudie en Sharon te ontmoet en af te neem al was dit 'n lekker koue wintersmiddag teen die tyd dat die fotosessie begin het. Die twee lieflike lang mense is stil, stylvol en elegant, so al hou nie een van hulle daarvan om afgeneem te word nie, maak hulle nogsteeds pragtige prentjies! Hulle dogtertjie Amelia is intussen gebore en ek sien sommer baie daarna uit om ook vir haar volgende week te onmoet en dan die hele gesinnetjie af te neem. Dit bly maar net verstommend wonderlik elke keer as 'n nuwe mensie gebore word en twee mense wat lief is vir mekaar se wêreld vir altyd kom verdiep en verander. Wat 'n voorreg!

July 3rd, 2012|Maternity Shoots|2 Comments

Janine en Marcel

Janine en Marcel word eersdaag 'n baba dogtertjie ryker en ek voel so geëerd dat hulle my met die taak toevertrou het om hierdie kosbare tyd en herinneringe vir hulle vas te vang. Hulle is so 'n pragtige paartjie wat duidelik baie lief is vir mekaar, ek is seker hulle gaan wonderlike ouers wees. Dit was heerlik om hulle te ontmoet tydens hierdie fotosessie. Ek is nou self opgewonde oor die kleinding se koms en sien baie uit na ons volgende sessie. Ek is nogal nuuskierig om uit te vind of sy haar ma en pa se ongelooflike oë gaan erf, maar met die twee as ouers gaan sy in elk geval nie anders kan as om eenvoudig beeldskoon te wees nie!

February 18th, 2012|Maternity Shoots|6 Comments

Gerhard en Janien

Gerhard en Janien word eersdaags 'n baba dogtertjie ryker en wou die laaste paar kosbare oomblikke van haar swangerskap vasvang voor Jana kom. Ons het bietjie in Stellenbosch se strate rondgeloop en 'n melkskommel by Melissa's geniet toe die hitte te veel raak. Ek het lanklaas iemand ontmoet wat so maklik lag soos Janien, sy borrel van vreugde! Dit was 'n plesier om hulle af te neem!

September 12th, 2010|Maternity Shoots|2 Comments

Philip and Jane

Philip and Jane are expecting their first little baby girl in October. They are so excited and overjoyed, it's contagious! I wish them all the best, they are going to be wonderful parents.

August 15th, 2010|Maternity Shoots|1 Comment