Helette

/Helette

About Helette

This author has not yet filled in any details.
So far Helette has created 209 blog entries.

Conrad en Jo-Mari

Hierdie pragtige pastel troue is 'n bewys dat baie liefde,'n bietjie kreatiwiteit en 'n spanpoging al is wat nodig is om 'n groot sukses van 'n troue te maak. Jo-Mari en Conrad is albei van Somerset-Wes en het besluit om net plaaslike diensverskaffers te gebruik en waar hulle kon het hulle en hul vriende en familie als self gedoen. Haar sussie se dogtertjie was net die oulikste blommemeisie ooit en ek moes omtrent my lag hou toe sy en haar boetie met groot mening en vreeslike gesigsuitdrukkings daai blaartjies in die paadjie af strooi! Wat dit ekstra spesiaal gemaak het is dat haar ma self destyds daai einste rokkie as blommemeisie by 'n troue gedra het! Dis duidelik dat Conrad en Jo-Mari 'n baie spesiale plekkie in hule vriende en familie se harte het en die troue was gevul met liefde en waardering vir mekaar. Dit was 'n groot voorreg [...]

October 4th, 2014|Wedding Shoots|2 Comments

Natasha Matriekafskeid

Natasha het asemrowend mooi gelyk vir haar matriekafskeid! Haar sagte, romatiese, champagne rok het haar pragtige rooi hare perfek gekomplimenteer en die roesrooi orgideë om haar arm rond die prentjie volmaak af. Die twee aantreklike, borrelende jong mense saam met absoluut perfekte, dromerige lig, maak die stel foto's een van my gunstelinge tot dusver!

October 3rd, 2014|Couples Shoots|0 Comments

Erika en Dup

Hierdie fotosessie was geweldig baie pret. Erika en Dup is sulke lekker mens-mense en kort nadat jy hulle ontmoet het voel hulle soos ou vriende. Tussendeur die lag vir die oulike twee honde se eskapades en al die lekker gesels het die tyd omgevlieg! Dit was 'n groot voorreg om die spesiale tyd in hul lewens te kon vasvang en ek is saam met hulle opgewonde om binnekort vir klein Nadia te ontmoet!

September 14th, 2014|Maternity Shoots|0 Comments

Rudolf de Lange

Ek het omtrent 'n jaar gelede die pragtige seuntjie vir die eerste keer ontmoet en afgeneem en wat 'n wonderlike voorreg was dit om te kon sien hoe hy grootword! Hy gaan verseker eendag 'n baie handige man wees om op die plaas te hê. Gedurende ons fotosessie het hy kliphard geboer. Hy het sy rondtes by die dam gedoen, stoep gevee, gekap met sy hamer, gaan kyk na die nuwe lote in die wingerd en sommer 'n paar stompies vasgekap, trekker en kaskar gery en lekker baie rondgehardloop! Hy is so vrolik en lewenslustig, mens kan nie help om konstant te glimlag as jy in sy teenwoordigheid is nie. Een van die kosbaarste oomblikke was toe ons probeer het om vining 'n foto van mamma en pappa op hulle eie te neem. Rudolf het ons letterlik net 'n paar sekondes gegee voor hy besluit het om in te val [...]

September 6th, 2014|Family Shoots|0 Comments

Keam, Jup and Tyra

Keam and Jup are the owners of the Belgian restaurant, De Brasserie, in Strand and are such a delightful couple! I had a great time photographing them and Keam's daughter Tyra. I look forward to visiting their restaurant soon as I have only heard great things about it. If you haven't done so yet, go pay them visit! Hope you enjoy the photos.

August 30th, 2014|Family Shoots|0 Comments

Leandrie en Kenneth

Leandrie en Kenneth woon in Gauteng, maar het besluit om die knoop deur te haak in die pragtige Nuy Vallei by . Hulle troue was 'n samekoms van intieme vriende en familielede en die feesvieringe het oor die hele naweek gestrek. Dis duidelik dat die twee elk 'n baie spesiale plekkie in almal wat daar was se harte het. Alhoewel dit redelik koud was, was dit 'n lieflike sonskyndag en die heldergroen en pers dekor het alles verder opgevrolik. Leandrie het absoluut asemrowend gelyk in daai fantastiese rok! Baie dankie dat julle my vertrou het om julle spesiale dag vas te vang. Ek hoop julle geniet die foto's!

August 23rd, 2014|Wedding Shoots|0 Comments

Liam Smit

Die Smit gesin het onlangs 'n pragtige seuntjie ryker geword. Dis vir my so mooi hoe hulle met absolute verwondering en harte wat oorloop van liefde na hom kyk. Hy het die sagste ou lyfie wat mens net wil vasdruk en daai bekkie wat hy so tuit is net opvreetbaar! Geen wonder hy word gesoen op amper elke foto nie! Hoop julle geniet die foto's so baie soos ek! ;-)

August 19th, 2014|Newborn Shoots|0 Comments

Christelle en Hennie

My niggie Christelle en haar man Hennie word eersdaags ouers en aangesien dit die eerste keer in ons familie is wat daar kleinkinders bykom na my twee, is die opwinding groot! Ons het een pragtige lente middag sommer gou 'n paar foto's gaan neem om die opwindende en spesiale tyd vas te vang. Ek kon my geluk nie glo toe ons oppad na die park die mooiste bloeisels langs die pad op die sypaadjie sien staan nie! Ons het sommer net daar die eerste foto's geneem en dis so pragtig simbolies van die begin van die nuwe seisoen in hulle lewe. Hoop julle geniet die foto's!

August 10th, 2014|Maternity Shoots|3 Comments

Hettie en Sam

Hettie is my man se oudste sussie. Hulle woon al vir meer as 10 jaar in Amerika en dit was heerlik om weer 'n slag saam met haar en haar pragtige dogtertjie te kuier tydens hul onlangse besoek. Ons het vir 'n naweek saam met hulle en my skoonouers Franskraal toe gegaan en die geleentheid aangegryp om bietjie foto's te neem van die twee. Dit was 'n lieflike stil herfsaand met die mooiste sonsondergang en Sam se sonnige geaardheid het perfek gepas by haar vrolike klere! Kon nie vra vir beter nie. Geniet!

August 3rd, 2014|Family Shoots|3 Comments

Sias Engelbrecht

Dit was'n groot voorreg om die Engelbrechts te kon afneem in hulle pragtige huis in Durbanville. Klein Sias kruip sommer dadelik in mens se hart in. Die oulike rooikop seuntjie het dit reggekry om in minder as twee weke selfs die honde se guns te wen en dit was so mooi om te sien hoe koesterend en beskermend hulle teenoor hom optree! Ek is baie trots daarop dat Mooi Getroudes hierdie fotosessie op hule blog geplaas het!

August 1st, 2014|Newborn Shoots|3 Comments