Dit was so lekker om die pragtige gesinnetjie te ontmoet! Cindy en Heinrich is die mees natuurlike en ontspanne ‘nuwe’ ouers wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Hulle is nog bloedjonk en dis so verfrissend om te sien hoe gemaklik en ontspanne hulle die babatjie met hope liefde en humor in hulle lewe verwelkom! En is klein Alexander nie net die pragtigste ou dingetjie nie! Geniet julle babatjie, ek is seker dit gaan nie te lank wees voor daar nog ‘n paar klein voetjies op die plaas rondhardloop nie! Julle tweetjies gaan wonderlike ouers wees. Baie dankie vir die geleentheid om Alexander se eerste foto’s te kon neem.

March 2nd, 2013|Newborn Shoots|0 Comments

Leave A Comment