Louwna werk op die Lourensford landgoed en aangesien die gesin ook daar woon wou hulle graag die foto’s op die plaas neem. Dit was so ‘n wonderlike voorreg om saam met hulle op die werkende plaas gedeelte te kon rondry wat ek andersins nooit te siene sou kry nie! Louis is die oulikste 3-jarige seuntjie met ‘n borrelende persoonlikheid wat heeltyd geselsies maak en baie lief is vir hardloop. Hy het aan die begin van die fotosessie van ‘n boomstomp afgespring en sy arm nerf-af geval op die grondpad. Dit moes brandseer wees, want hy was vir ‘n rukkie vreeslik ontsteld en wou ten alle koste ‘n pleister hĂȘ om die seer weg te vat (wat ons natuurlik nie byderhand gehad het nie!), maar kort daarna het hy ‘n dapper glimlag opgediep en moedig voortgegaan met die fotosessie. Sonder om ‘n ons van sy oulikgeit in te boet. Wat ‘n dapper plaasseun! Ek is seker hy gaan die beste ouboet ooit wees.









































Leave A Comment