Dit is vir my so lekker om ‘n pad saam met my kliënte te stap en om te sien hoe die kindertjies grootword. Dit is die vierde keer dat ek die wonderlike voorreg het om die pragtige gesin af te neem. Jakobus is gewoonlik ‘n droom voor die kameras, maar die dag het die fotosessie sy middagslapie kortgeknip en hy was nie juis beïndruk daarmee nie. Gelukkig kon sy geliefde Thomas treintjie so nou en dan die trane stuit en ons kon nietemin pragtige foto’s kry. Hy is van nature so ‘n vriendelike en dierbare seuntjie mens sou nooit glo dat hy ongelukkig was as jy na die foto’s kyk nie! Maar toe hy besluit hy het nou finaal genoeg gehad van die storie het hy in geen onseker terme sy waentjie beetgekry en teruggestap kar toe sonder om een keer om te kyk. Dankie dat ek julle weer kon afneem. Ek geniet dit elke keer net meer en meer!


































Leave A Comment