Yearly Archives: 2014

/2014

Leandrie en Kenneth

Leandrie en Kenneth woon in Gauteng, maar het besluit om die knoop deur te haak in die pragtige Nuy Vallei by . Hulle troue was 'n samekoms van intieme vriende en familielede en die feesvieringe het oor die hele naweek gestrek. Dis duidelik dat die twee elk 'n baie spesiale plekkie in almal wat daar was se harte het. Alhoewel dit redelik koud was, was dit 'n lieflike sonskyndag en die heldergroen en pers dekor het alles verder opgevrolik. Leandrie het absoluut asemrowend gelyk in daai fantastiese rok! Baie dankie dat julle my vertrou het om julle spesiale dag vas te vang. Ek hoop julle geniet die foto's!

August 23rd, 2014|Wedding Shoots|0 Comments

Liam Smit

Die Smit gesin het onlangs 'n pragtige seuntjie ryker geword. Dis vir my so mooi hoe hulle met absolute verwondering en harte wat oorloop van liefde na hom kyk. Hy het die sagste ou lyfie wat mens net wil vasdruk en daai bekkie wat hy so tuit is net opvreetbaar! Geen wonder hy word gesoen op amper elke foto nie! Hoop julle geniet die foto's so baie soos ek! ;-)

August 19th, 2014|Newborn Shoots|0 Comments

Christelle en Hennie

My niggie Christelle en haar man Hennie word eersdaags ouers en aangesien dit die eerste keer in ons familie is wat daar kleinkinders bykom na my twee, is die opwinding groot! Ons het een pragtige lente middag sommer gou 'n paar foto's gaan neem om die opwindende en spesiale tyd vas te vang. Ek kon my geluk nie glo toe ons oppad na die park die mooiste bloeisels langs die pad op die sypaadjie sien staan nie! Ons het sommer net daar die eerste foto's geneem en dis so pragtig simbolies van die begin van die nuwe seisoen in hulle lewe. Hoop julle geniet die foto's!

August 10th, 2014|Maternity Shoots|3 Comments

Hettie en Sam

Hettie is my man se oudste sussie. Hulle woon al vir meer as 10 jaar in Amerika en dit was heerlik om weer 'n slag saam met haar en haar pragtige dogtertjie te kuier tydens hul onlangse besoek. Ons het vir 'n naweek saam met hulle en my skoonouers Franskraal toe gegaan en die geleentheid aangegryp om bietjie foto's te neem van die twee. Dit was 'n lieflike stil herfsaand met die mooiste sonsondergang en Sam se sonnige geaardheid het perfek gepas by haar vrolike klere! Kon nie vra vir beter nie. Geniet!

August 3rd, 2014|Family Shoots|3 Comments

Sias Engelbrecht

Dit was'n groot voorreg om die Engelbrechts te kon afneem in hulle pragtige huis in Durbanville. Klein Sias kruip sommer dadelik in mens se hart in. Die oulike rooikop seuntjie het dit reggekry om in minder as twee weke selfs die honde se guns te wen en dit was so mooi om te sien hoe koesterend en beskermend hulle teenoor hom optree! Ek is baie trots daarop dat Mooi Getroudes hierdie fotosessie op hule blog geplaas het!

August 1st, 2014|Newborn Shoots|3 Comments

Leah Kriel

The Kriel home is simply filled with happiness, laughter and love. Love for each other, the dogs (Nordic and Ice) and especially Leah who surprised her new family by arriving a little early. She is so relaxed and content. She allowed us to pick her up and move her around and then fall right back to sleep. I just loved all her adorable facial expressions and those perfect pink feet! Thanks for welcoming me into your beautiful home and allowing me to capture these precious moments. It was a real treat!

July 13th, 2014|Newborn Shoots|0 Comments

Grobler Familie

Die Groblers is dierbare vriende wat ons baie na aan die hart lê. Dit was 'n 'n groot voorreg om hulle te kon afneem en hope pret! Ek is so bly ek kon 'n paar oomblikkies vasvang wat elkeen van hulle uniek maak en die pragtige verhoudings in hulle gesin sigbaar maak. Dit was 'n esktra vreugde dat Willem se ouers uit Namibie ook kon deel wees van die foto sessie. Baie dankie vir julle vriendskap, julle is 'n groot inspirasie vir ons en elke oomblik saam met julle is spesiaal. Hoop julle geniet die foto's so baie soos ek! ;-)

July 9th, 2014|Family Shoots|0 Comments

James and Melissa-Jane

James and Melissa's wedding was just so intimate and special and beautiful. From beginning to end. It was a freezing cold weekend and for the biggest part of the day it was pouring with rain as well. But the weather played along perfectly in the end and actually made the day just that little bit more special. As they walked out of the church getting showered in confetti, a little drizzle was added to the sunshine as a blessing from above. On our way to the venue it was pouring again, but just as we started the couple shoot, the rain stopped and we got the most beautiful, romantic, buttery sunlight! As soon as we finished the rain continued. I just loved how the interior of the venue at La Petite Dauphine tied in perfectly with their look and personalities, minimalizing the need for decorations. Their soft and tender love [...]

July 5th, 2014|Wedding Shoots|0 Comments

Rebecca

I can't believe it's already been 8 months since I took this cutie's newborn pics! And as adorable as she was then, she is now just a bigger bundle of absolute kissable, cuddly baby-love! I've edited all these photos with a smile on my face, hope they make you smile too. Enjoy!

June 14th, 2014|Family Shoots|1 Comment

Fourie Gesin

Ek het vir Janine en Marcel twee jaar terug ontmoet tydens ons fotosessie toe sy swanger was met Milè. Ek het ook die voorreg gehad om die pragtige klein Milè, oor wie se koms hulle SO opgewonde was, te kon ontmoet en afneem. Ek was dus bitter opgewonde toe Janine my onlangs weer kontak vir swangerskap foto's. Janine het ook onlangs haar Meestersgraad in belasting gekry, so daar is dubbeld rede vir gelukwense en foto's! (Hoe sy dit gedoen het met 'n tweejarige, weet ek nie. Al wat ek weet, is dat ek geweldig beïndruk is met haar deursettingsvermoë!) Milè was as pasgebore babatjie lekker woelig en wou nie veel weet van slaap nie. Al daai persoonlikheid wat opgesluit was in daai kleine lyfie blom nou behoorlik. Sy is die oulikste, dierbaarste dogtertjie wat jy jou kan voorstel! En net so besig soos toe! Sy sal vir my die mooiste [...]

June 12th, 2014|Family Shoots, Maternity Shoots|0 Comments