Toe Taria my die eerste keer kontak om ‘n kwotasie te kry vir ‘n fotosessie het die openhartige wyse waarmee sy haar sussie se storie met my gedeel het my diep geraak en ek het dadelik geweet, die shoot MOET ek doen. Brune is verlede jaar gediagnoseer met ‘n baie raar, maar aggresiewe borskanker en moes dadelik ‘n dubbele mastektomie ondergaan. Taria wou graag nadat Brune die rekonstruksie gehad het “mooi foto’s van ons twee laat neem om haar te wys dat sy nog net so stunning en beautiful is soos altyd – indien nie meer nie. Haar behandeling is baie hard op haar en ek wil iets special vir haar doen. Alhoewel sy nog vir 5 jaar behandeling gaan kry sal die rekonstruksie ‘n “mylpaal” vir haar wees. Ons is van kleintyd af baie close en praat elke liewe dag met mekaar op skype (sy bly in Windhoek)”. Vanaf die oomblik wat ek die twee ontmoet het was dit duidelik dat hulle ‘n geweldige sterk band het en besonder lief is vir mekaar. Ten spyte van die omstandighede lag hulle altwee so maklik en is vol grappies, reg om elke sekonde van die dag voluit te leef. Taria en Brune, dit was vir my heerlik om julle te ontmoet en ‘n wonderlike voorreg om julle te kon afneem. Dankie, dankie, dankie! Julle is ‘n lewende voorbeeld van hoe om lief te hê en werklik om te gee. ‘n Ware inspirasie! Sterkte met die pad vorentoe.

December 15th, 2012|Family Shoots|2 Comments

2 Comments

  1. Martha February 1, 2013 at 6:52 am

    Dit is “stunning” foto’s – dankie vir die deel daarvan

  2. Lindie Smith April 29, 2013 at 5:13 am

    Dis so mooi, dit maak my sommer lus vir ‘n fotosessie met MY sussie!

Leave A Comment