Ek en Elrike was saam op skool en dit was so lekker om haar weer te sien en haar familie te ontmoet. Ons het die foto’s geneem op haar ouers se pragtige plaas in Jonkershoek. Dit was koud en nat en die weer was onheilspellend, maar klein Rudolf se glimlaggie en sonnige geaardheid kan enige dag ophelder! Hy is so pragtig en vriendelik en dierbaar mens kan net nie genoeg van hom kry nie. Dit was moeilik om foto’s te kies vir die blog, want sy vrolike gesiggie het van elke sessie ‘n storie gemaak. Eers het ‘n ou mobile van sy ma hom vermaak en daarna het hy baie lekker met ‘n peer gespeel. Ons kon vir ‘n kort rukkie buite foto’s neem toe die sonnetjie uitkom en toe het die growwe bas van ‘n boom en jasmyn blommetjies gesorg vir groot opwinding. Terug in die huis terwyl ons klomp lekker tee drink en kuier het hy ‘n Kewpie poppie in die hande gekry en toe ek sien dat sy handjies en ogies nes die poppie s’n lyk kon ek dit nie weerstaan om nog ‘n paar foto’s te neem nie! Dankie Elrike vir die geleentheid om julle af te neem. Ek hoop julle geniet die foto’s so baie soos ek!

RM-17

RM-16

RM-6

RM-14

RM-11

RM-10

RM-9

RM-8

RM-4

RM-18

RM-20

RM-23

RM-26

RM-25

RM-27

RM-28

RM-2

RM-29

RM-30

RM-34

RM-35

RM-36

RM-39

RM-41RM-40
RM-3

August 31st, 2013|Family Shoots|0 Comments

Leave A Comment