Hettie is my man se oudste sussie. Hulle woon al vir meer as 10 jaar in Amerika en dit was heerlik om weer ‘n slag saam met haar en haar pragtige dogtertjie te kuier tydens hul onlangse besoek. Ons het vir ‘n naweek saam met hulle en my skoonouers Franskraal toe gegaan en die geleentheid aangegryp om bietjie foto’s te neem van die twee. Dit was ‘n lieflike stil herfsaand met die mooiste sonsondergang en Sam se sonnige geaardheid het perfek gepas by haar vrolike klere! Kon nie vra vir beter nie. Geniet!
Sjoe Helette, dit is stunning foto’s!! En ‘n area van ons land so na aan my hart. Ek sal jou moet boek vir Des by die see!!!
Ag dankie Martine! Ons is heel Desember hier, so dis ‘n date! 😉
Dit is pragtige foto’s van pragtige mense!!