Inandi was saam met my op Hoërskool en ek was so opgewonde toe sy my kontak vir familie foto’s. Dis altyd vir my ‘n baie groot voorreg om vriende af te neem, veral as mens mekaar so lanklaas gesien het! Sy het intussen twee pragtige kindertjies ryker geword en hulle was ‘n fees om af te neem! Altwee was stroopsoet dwarsdeur die hele fotosessie. Selfs klein Lisa het vrolik gebly tot die einde al is laat middag gewoonlik nie ‘n goeie tyd vir babas nie. Baie dankie vir die geleentheid om julle af te neem, ek het die middag saam met julle sommer baie geniet!
Stunning foto’s Helette! Ek is mal daaroor.
Stunning, stunning………pragtige foto’s
Ag, julle mense straal net van geluk! So mooi om te sien 🙂