Monthly Archives: March 2013

//March

Opperman/Schoonwinkel

Corrie Opperman en sy gesin woon in die Seychelles en met hul onlangse besoek aan Suid-Afrika het hulle sommer 'n hele spul familie bymekaar laat kom vir 'n heerlike wegbreek naweek in Greyton. Dis so 'n pragtige dorpie met die heerlikste eetplekkies en snuffel winkels dat ek ook sommer my ma genooi het om saam te ry en 'n uitstappie daarvan te maak voor die fotosessie! Corrie dit was regtig lekker om julle almal te ontmoet en die middag saam met julle deur te bring. Dankie dat julle vasgebyt het en deurgedruk het toe die kindertjies nie te alle tye so lekker wou saamwerk nie! ;-) Dit gaan maar dikwels so, maar ek is baie dankbaar dat ons op die ou end al die foto's kon kry wat ons wou hê. Dit was definitief die moeite werd! Geniet!

March 24th, 2013|Family Shoots|1 Comment

Van der Merwe Susters

“For there is no friend like a sister In calm or stormy weather; To cheer one on the tedious way, To fetch one if one goes astray, To lift one if one totters down, To strengthen whilst one stands” ― Christina Rossetti, Goblin Market and Other Poems

March 21st, 2013|Family Shoots|2 Comments

Daniël Serfontein

Klein Daniël is reeds die derde pasgebore babatjie wat ek die jaar afneem en al die "baby-candy" is genoeg om enige iemand broeis te maak! Sy ouers wou spesifiek meestal swart en wit foto's hê en ek is mal oor die sagtheid daarvan! Christiaan en Mariëtte, baie dankie vir die geleentheid om julle pragtige baba te kon afneem. Geniet elke oomblik van hierdie kosbare tyd!

March 17th, 2013|Newborn Shoots|0 Comments

Hoffman Familie

Dit was so lekker om die Hoffman gesin na twee jaar weer te sien en 'n groot voorreg om hulle 'n tweede keer te kon afneem. Dis wonderlik om te sien hoe die kindertjies grootword en ontwikkel. Hulle was deur die hele fotosessie stroopsoet en het so mooi saamgewerk. Dit was 'n fees om julle af te neem! Hoop julle geniet die foto's!

March 3rd, 2013|Family Shoots|0 Comments

Alexander Genis

Dit was so lekker om die pragtige gesinnetjie te ontmoet! Cindy en Heinrich is die mees natuurlike en ontspanne 'nuwe' ouers wat ek in 'n lang tyd gesien het. Hulle is nog bloedjonk en dis so verfrissend om te sien hoe gemaklik en ontspanne hulle die babatjie met hope liefde en humor in hulle lewe verwelkom! En is klein Alexander nie net die pragtigste ou dingetjie nie! Geniet julle babatjie, ek is seker dit gaan nie te lank wees voor daar nog 'n paar klein voetjies op die plaas rondhardloop nie! Julle tweetjies gaan wonderlike ouers wees. Baie dankie vir die geleentheid om Alexander se eerste foto's te kon neem.

March 2nd, 2013|Newborn Shoots|0 Comments