Leana wil inskryf vir SARIE Tydskrif se Voorbladgesig kompetisie en het my genader om ‘n paar portret foto’s van haar te neem. Sy is baie lief vir die natuur en diere so die woud-agtige tonele was die perfekte agtergrond vir haar foto’s. Haar blou hemp, oorbelle, ring en oë was so opvallend en het so ongelooflik goed saamgewerk dat ek besluit het om dit bietjie uit te lig in die foto’s en die resultaat is volgens my ‘n wonderlike uitbeelding van haar borrelende, spontane persoonlikheid. Ek hoop regtig jy geniet die foto’s so baie as wat ek die sessie geniet het, Leana!
Leave A Comment