Mandie en Rynhardt het or die Desember vakansie bietjie in die Kaap kom kuier uit Potch en vir my gevra om iewers in daai tyd ‘n lekker “fun” shoot saam met haar sussie en Hugo te doen. Min het ons toe geweet presies hoeveel daar gaan wees om te vier! Michelle en Hugo het verloof geraak en Mandie en Rynhardt het uitgevind hulle verwag hulle eerste baba. So dit was toe sommer ‘n “maternity” en verlowings sessie in een! En was dit nie pret nie! Ek het lanklaas mense ontmoet wat so gemaklik in mekaar se geselskap is en wat so maklik en so baie kan lag. My grootste uitdaging was om die kamera te kon stilhou! Ek het behoorlik met seer lag spiere huis toe gegaan. Baie, baie dankie vir die heerlike sessie, ek het elke oomblik daarvan geniet. Julle is twee pragtige paartjies en ek wens julle net die mooiste toe op die twee opwindende nuwe hoofstukke wat op julle wag!
Leave A Comment