Mandi Engelbrecht
Mandi het my gekontak om foto's te laat neem vir SARIE Tydskrif se Voorbladgesig kompetisie. Sy was aanvanklik baie huiwerig oor of sy dit wil doen of nie, maar ek is SO bly sy het op die ou end tog besluit om voort te gaan daarmee. Mandi is geweldig sportief en die foto-nemery was vir haar 'n nuwe ding, maar sy is een van die mees fotogeniese mense wat ek nog afgeneem het. En ek is mal oor haar "look"! Hoop jy hou so baie van die foto's soos ek Mandi!