Monthly Archives: October 2014

//October

Opperman gesin

Die Opperman gesin het nog 'n pragtige seuntjie ryker geword! Alhoewel hulle tans in Seychelles woon was dit groot 'n voorreg vir my om ook die kosbare tyd in hulle lewe te kon vasvang tydens hulle onlangse kuier in Suid-Afrika. Dit was 'n heerlike ontspanne fotosessie in hulle huis waar elkeen doen wat hulle elke dag doen. Baie dankie dat ek weer julle foto's kon neem, ek het dit geweldig baie geniet! Geniet julle oulike seuntjies en hoop ons sien mekaar gou weer!

October 30th, 2014|Family Shoots, Newborn Shoots|0 Comments

Fourie Gesin

Dit was n reuse plesier om die pragtige Fourie gesin af te neem! Terblanche het besluit om vir Marcia gesinsfoto's as 'n verjaarsdag geskenk te gee en om dit ekstra spesiaal te maak het ons die foto's op die dag van haar verjaarsdag geneem! Klein Ethan was 'n ster en het met sy oulike, ondeunde gesiggie en dierbare geaardheid gesorg vir fantastiese foto's. Baie dankie aan die Fourie gesin dat julle my gekies het om die spesiale tyd in julle lewe vas te vang. Dit was 'n groot voorreg! Hoop jy hou van jou geskenk Marcia! ;-)

October 26th, 2014|Family Shoots|0 Comments

Nadia du Plessis

Die Du Plessis het 'n paar dae gelede hulle eerste baba dogtertjie in die gesin verwelkom en dis so spesiaal om die eerste kosbare oomblikke saam met hulle te kon deel en vasvang. Nadia is 'n dierbare rustige babatjie en ek is seker sy gaan vir hulle net plesier wees en tonne geluk bring!

October 16th, 2014|Newborn Shoots|0 Comments

Lilly

Ontmoet die nuutste toevoeging tot ons familie! Hennie en my niggie Christelle se pragtige Lilly is genoeg om my behoorlik broeis te maak. Sy het dwarsdeur die fotosessie so lekker geslaap, ons kon behoorlik popspeel! Sy het ons toegelaat om al wat 'n hoedjie is op te sit en haar rond te skuif na hartelus sonder om eers een keer haar ogies oop te maak. Rustiger kry mens nie. Geniet elke kosbare oomblik met julle blommetjie en dankie dat ek so lekker met haar kon speel vir die foto's!

October 14th, 2014|Newborn Shoots|0 Comments

Conrad en Jo-Mari

Hierdie pragtige pastel troue is 'n bewys dat baie liefde,'n bietjie kreatiwiteit en 'n spanpoging al is wat nodig is om 'n groot sukses van 'n troue te maak. Jo-Mari en Conrad is albei van Somerset-Wes en het besluit om net plaaslike diensverskaffers te gebruik en waar hulle kon het hulle en hul vriende en familie als self gedoen. Haar sussie se dogtertjie was net die oulikste blommemeisie ooit en ek moes omtrent my lag hou toe sy en haar boetie met groot mening en vreeslike gesigsuitdrukkings daai blaartjies in die paadjie af strooi! Wat dit ekstra spesiaal gemaak het is dat haar ma self destyds daai einste rokkie as blommemeisie by 'n troue gedra het! Dis duidelik dat Conrad en Jo-Mari 'n baie spesiale plekkie in hule vriende en familie se harte het en die troue was gevul met liefde en waardering vir mekaar. Dit was 'n groot voorreg [...]

October 4th, 2014|Wedding Shoots|2 Comments

Natasha Matriekafskeid

Natasha het asemrowend mooi gelyk vir haar matriekafskeid! Haar sagte, romatiese, champagne rok het haar pragtige rooi hare perfek gekomplimenteer en die roesrooi orgideƫ om haar arm rond die prentjie volmaak af. Die twee aantreklike, borrelende jong mense saam met absoluut perfekte, dromerige lig, maak die stel foto's een van my gunstelinge tot dusver!

October 3rd, 2014|Couples Shoots|0 Comments